Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kampuswoede kook oor
Anargie het gister op die Pretoria-Wes- en Arcadia-kampus van die Tshwane-universiteit van Tegnologie (TUT) geheers waar tientalle betogende studente eiendom geplunder en gewelddadig teenoor mede-studente opgetree het. Dié chaos het daartoe gelei dat prof. Errol Tyobeka, rektor van TUT, klasse tot verdere kennisgewing opgeskort het. Tyobeka het gesê dié besluit is geneem in die lig van die huidige situasie op die kampus en die potensiaal vir gewelddadige botsings tussen stakende studente en dié wat nie aan die staking wil deelneem nie. “Emosies loop hoog. Ons personeel en studente se veiligheid kom eerste en ons kan eenvoudig nie toelaat dat sake hand uitruk nie.” Die oproerige studente het gister voortgegaan om glasdeure stukkend te slaan en rommel op die Pretoria-kampus te strooi ondanks die teenwoordigheid van minstens tien polisievoertuie. Mnr. Werner Joubert, ’n student en lid van die VF+ op die kampus, het gesê hy is een van verskeie studente wat die betogers gister met klippe gegooi het. Mnr. Pieter Janse van Rensburg, SR-lid, het gesê die protes het in ’n stadium gevaarlik begin raak met van die betogers wat rassistiese uitsprake gemaak het soos “kill the Boer ” en “F*** you whites”. Janse van Rensburg het gesê dit is vreemd dat die betogings nou ’n rassekleur aanneem, aangesien die TUT-bestuur swart is. “Sasco, Pasma en die sentrale studenteraad (SR) lei die optog. Hierdie uitlatings dui op die onderliggende rassisme teen blankes op die TUT,” het hy gesê. Die betogende studente het – nadat hulle chaos op die Pretoria-Wes-kampus veroorsaak het – aangedring om met busse na die Arcadia-kampus geneem te word. Op dié kampus het hulle veiligheidsrolhekke oopgebuig en oor hoë mure geklim om toegang te kry. Studente en dosente wat besig was met klasse, is summier uitgejaag en hardhandig behandel. Agnes en Precious, twee angsbevange studente wat net bereid was om hul voorname te gee, het beweer die studenterade van die Soshanguve- en Ga-Rankuwa-kampus sit agter die gemors. “Hulle kom na ons koshuise waar hulle ons dreig om aan die aksies deel te neem. As ons dit nie doen nie, slaan hulle ons of verwoes en verbrand ons handboeke.” Nog ’n student het gesê as klasse opgeskort word, sal hulle nie kan deurkom nie. “Dit maak my hartseer, want my ouers is in Limpopo en hulle het my hierheen gestuur om te leer.” Bekommerde ouers het Beeld ook gistermiddag gebel en hul vrees vir hul kinders se lewens en eiendom uitgespreek. “Dit is regtig onaanvaarbaar dat ’n paar barbare die plek plunder. En wat van ons wat ten duurste vir ons kinders se studies betaal?” het een gesê. Die betogende studente het vroeër vandeesweek aangevoer dat hulle in opstand is oor akademiese en geldelike uitsluiting, stygende klasgelde en probleme met vervoer en koshuise.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|