Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Bring die doodstraf terug, vra Razelle
Feb 20 2008 07:33:36:507PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Razelle Botha (18) se arbeidsterapeut help haar gisteroggend in die MuelMed-MediClinic, Pretoria, in haar rolstoel om gereed te maak vir haar dag se oefening. Foto: Waldo Swiegers
Verwante Berigte
  • Razelle: 'Ek's klaar met SA'
  • Nóg 'n operasie vir Razelle ná terugslag
  • Pa: 'Dit was wraak'
  • Moeë Razelle sê dankie uit siekbed
  • Virginia Keppler


    Razelle Botha (18) van Moreletapark in Pretoria het gister gevra dat die doodstraf weer ingestel word en dat daar geen genade getoon moet word aan gewelddadige, moordende misdadigers nie.

    Sy het gesê sy het absolute vertroue in die polisie en dat die polisie alles in sy mag doen om misdadigers aan te keer.

    Razelle is begin vandeesmaand tydens ’n gewapende rooftog by haar ouerhuis met vyf skote in die bors, long, rugmurg, arm en maag geskiet.

    “Net ná die skietery was ek bang vir alle swart mense; selfs dié wat my in die hospitaal rondgeskuif het. Maar nou kyk ek nie meer na swart mans asof hulle moordenaars is nie.

    “Swart verpleegsters is engeltjies; hulle gee my drukkies en is vol medelye. Ek besef ook dat dit net so onveilig in die townships is as in ander woonbuurte,” het sy gesê.

    Razelle se dokter het aanvanklik gesê daar is ’n 30%- kans dat sy weer sal loop, maar sy is vol vertroue dat sy die dokter sy woorde sal laat eet.

    “Ek oefen hard en dit is lekker. Gister (eergister) het ek my arms begin oefen en vandag gaan ons aan my bene werk. Ek gáán weer loop,” het sy opgewonde gesê.

    Dié top-matriekmeisie, wat verlede jaar agt onderskeidings ingeryg het, het Maandag aan Beeld gesê sodra sy op haar bene is, gaan sy die land verlaat vir haar eie veiligheid.

    Gister het sy egter gesê sy wil haar in Kanada as ’n mediese dokter kwalifiseer waarna sy na Suid-Afrika sal terugkeer om by haar kêrel aan te sluit. “Hy wil graag hier studeer en werk en daarom gaan ek terugkom. Ek wil ook terugkom om ander mense in die land te help.”

    Razelle behoort nog vir die volgende agt weke in die hospitaal te wees voordat sy ontslaan sal word.

    “Ek word elke dag bietjie sterker en beter,” het sy gesê.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |