Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Duisende stap mee in optog vir Emily
    Feb 21 2008 08:52:44:420PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Leerlinge van die Trinityhouse High School lei die stille anti-misdaadoptog gister in Honeydew. Foto: Felix Dlangamandla
    Verwante Berigte
  • 'Ek was so geskok...'
  • Lauren Thys


    ‘Wat wil ek wees as ek groot is? Lewend.”

    Só lui die woorde op ’n banier tydens gister se “stille” anti-misdaadoptog by die Trinityhouse Preparatory School in Honeydew in Roodepoort aan die Wes-Rand.

    Dié skool het die optog gereël ná die dood van Emily Williams (12), wat daar ’n gr. 7-leerling was.

    Meer as 4 000 mense het, meesal in pienk geklee of met pienk strikkies aan, in ’n roerende stilte uit respek vir Emily, aan die ordelike optog deelgeneem. Leerlinge van omliggende skole, sommige skaars vyf jaar oud, het hul ontevredenheid met en vrees vir misdaad uitgedruk deur plakkate, baniere en pienk balonne te vertoon.

    “Dis wonderlik om te sien hoe dit gebeur; dis in skrille kontras met die misdaad wat ons so teister,” het mnr. JC Engelbrecht, skoolhoof van Abbotts College in Northcliff, Johannesburg, gesê.

    Die optog het by die skool se hekke in Eastwoodstraat begin, vanwaar dit in Beyers Naudé-rylaan opbeweeg het tot by Dale Lacelaan. Hier het mnr. Ron Brown, skoolhoof van Trinityhouse High School, ’n memorandum aan komm. Oswald Reddy, stasiekommissaris van die Honeydew-polisiekantoor, oorhandig. Dié dokument bevat die gemeenskap se frustrasies oor misdaad.

    Brown het almal bedank wat aan die optog deelgeneem het. “Die inwoners is absoluut moeg vir geweld en ons het besluit om iets te doen,” het hy gesê.

    Die skare het luide applous gegee toe dr. Herbie Staples, skoolhoof van Trinityhouse Preparatory School, die regering gekritiseer het. “Julle moet meer doen om misdaad onder beheer te bring,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat hulle die polisie ondersteun en dat die regering vir hulle meer hulpbronne moet gee.

    Hulle het dié steun bewys deur ’n tjek van R67 000 aan die Honeydew- gemeenskapspolisiëringsforum te oorhandig. Mnr. John Baisley, voorsitter van dié forum, het die gebaar verwelkom. “Ons is taamlik oorweldig; dit wys net die gemeenskap kán ’n verskil maak,” het hy gesê.

    Hulle beoog om ’n ekstra polisiëringsvoertuig met dié geld te koop. Reddy het ook die polisie se waardering uitgespreek oor die gemeenskap se optrede.

    “Trinityhouse het iets positief gedoen.” Hy het herhaaldelik die versekering gegee dat hulle vasbeslote is om misdaad te bekamp. “Ons sal vuur met vuur beveg – ons is nie bang vir dié misdadigers nie,” het hy gesê. Die skare het hierna ’n see van pienk balonne in die lug losgelaat, voor die optog by die skoolhekke in Knoppiesdoringstraat geëindig het.

    Almal was dit eens dat die optog nie net vir Emily was nie, maar ook om uiting te gee aan hul algemene gevoel rakende misdaad. “Mense dink dié goed raak nie swart mense nie, maar ek móés eenvoudig hier wees,” sê mev. Mhpo Tshabalala, ouer van ’n sewejarige leerling van Trinityhouse Preparatory School. “Die dag toe Emily geskiet is, het my seuntjie vir my gevra: ‘Mamma, gaan ons ook nou geskiet word? Wat het sy gedoen?’ ”

    Die hoofleerlinge van Trinityhouse High School sê hulle verkies dié positiewe aksie. “Dis ’n tasbare ding wat die hele gemeenskap kan doen,” het Kate Ellis-Cole, hoofmeisie, gesê.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |