Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Regter vertel hoe hy in misdaadvrees leef
’n Regter het gister in die Pretoriase hooggeregshof beskryf hoe hy saans ná werk eers om sy huis ry en kyk of sy honde nog lewe voordat hy dit by sy erf in waag. Regter Joseph Raulinga het dié roetine ná werk gister geskets toe hy ’n moordenaar gevonnis het. Hy het gesê “elkeen in hierdie land” moet in staat wees om fiets te ry, berg te gaan klim, te gaan stap en strand toe te gaan sonder om misdaad te vrees. Hy het Sabello Mnisi (26) van Katlehong tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die skroewedraaiermoord op mnr. Totozwane Elliot Hlongwane op 5 Maart 2000 in Katlehong. Die staat sê in die opsomming van sy saak Mnisi en ander mense het Hlongwane by sy huis se hek oorval en sy Nissan Sentra beroof. Hulle het hom in die motor se bagasiebak ontvoer. Hulle het later langs die pad gestop en hom met ’n skroewedraaier gesteek. Sy lyk is later langs die pad ontdek. Raulinga het gesê Hlongwane was ’n wetsgehoorsame mens wat soos enige ander landsburger op ’n Saterdagaand uitgegaan het. Hy is by sy hek deur drie jeugdiges oorval. Misdade word deur jeugdiges gepleeg wat tussen 13 en 25 jaar oud is. “Dít is werklik kommerwekkend,” het hy gesê. Die “probleem” is dat daar ’n “tendens” in die land is dat jeugdiges dié misdade pleeg en nie ouer mense nie. Of ’n mens na Durban, Pretoria, Kaapstad of Johannesburg gaan, “die neiging is dieselfde – dit is die jeug”. Raulinga het gesê Hlongwane se aanvallers was veronderstel om die “toekoms van hierdie land te wees”. Mnisi was slegs 17 jaar oud toe hy die moord gepleeg het. Adv. Russell Sibara, vir die staat, het ter verswaring van vonnis verwys na die voorval waarin Razelle Botha (18) van Moreletapark, Pretoria, onlangs vyf keer deur rowers by haar ouerhuis geskiet is. Raulinga het Mnisi ook tien jaar tronkstraf vir moord met verswarende omstandighede en vyf jaar tronkstraf vir ontvoering opgelê. Dié tronkstraf word samelopend met die 20 jaar tronkstraf vir moord uitgedien.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|