Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Kunssentrum is Emily se nalatenskap
    Mar 09 2008 07:43:07:230PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Magdel Fourie

    ’n Fonds is gestig vir die oprigting van ’n kunssentrum by die skool waar die vermoorde Emily Williams (12) van volgende jaar af sou skoolgaan.

    Emily se ouers, mnr. Roger en mev. Toni Williams van Fairland, Johannesburg, het besluit om dié fonds te stig “sodat ander talentvolle meisies húl drome kan bewaarheid – aangesien Emily nie kon nie”.

    Emily, ’n gr. 7-leerling aan die Trinityhouse Preparatory School in Randparkrif, is bietjie meer as ’n maand gelede dood toe ’n dwaalkoeël in ’n skietery tussen rowers en veiligheidswagte haar getref het.

    Sy sou haar volgende jaar by St. Mary’s, ’n hoërskool vir meisies in Waverley, aangesluit het.

    Die Williamse beoog om ’n sentrum vir musiek, kuns en drama by dié skool op te rig om só Emily se nalatenskap voort te sit. Een van die klaskamers sal die Emily Williams-kamer heet.

    Dié plekkie sal “gevul wees met liefde, lig en lag”, sê die Williamse.

    Die bankbesonderhede vir die fonds is: St. Mary’s School for Girls, Standard Bank, Bramley, Johannesburg, takkode 004005, rekeningnommer 001789163, met verwysing Emily Williams Legacy.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |