Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Afrikaanse spelling in Staatskoerant ver‘foei’lik
Mense wat wil kommentaar lewer op ’n Afrikaanse “document” rakende regulasies in Limpopo se Wet op Sakeregistrasie en die “foeie” daaraan verbonde, sal eers deur ’n magdom spelfoute in dié kennisgewing moet worstel. ’n Gedeelte van dié dokument, wat Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is, is glad nie in Afrikaans vertaal nie. Die res is deurspek met Engelse woorde en spel- of tikfoute. Die afkondiging in die Staatskoerant bevat onder meer sinne soos “die besigheid registrasie sertifikaart (sic) mag op versoek en teen betaling van ’n voorgeskrewe foei (sic) ’n duplikaart (sic) registrsie (sic) sertifikaart (sic) uitreik in die format (sic) soos bevat in schedule (sic) 2”. Ingevolge dié voorgestelde wetgewing sal ondernemings aansoekgeld van R100 moet betaal om hulself te laat registreer. ’n “Registrasie foei” gaan, na gelang van die soort onderneming, dan tussen R150 en R500 kos. Jaarlikse “hernuwings foeie” wissel tussen R120 en R600. Die ondernemings sluit enigiets van die “verhuuring van masjienerie en toerusting” en “verpakings aktiviteite”, tot “restuarante, kroe en kantiene” in. Ingevolge Limpopo se Wet op Sakeregistrasie moet alle ondernemings in die provinsie aansoek doen om goedkeuring. Die kennisgewing nooi mense om voor die einde van die maand “per skrif” op die registrasieregulasies kommentaar te lewer. Mnr. Kundani Simon Mbedizi, aan wie terugvoering oor die voorgestelde wetgewing gestuur moet word, was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|