Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Angs-gille uit die kattebak
Ohrigstad. – “ ’n Mens probeer om positief te bly, maar hoe langer die proses uitrek, hoe meer negatief raak jy en begin jy diep binne in jou worrie.” Só sê mnr. Albert Botha (53) wie se vrou, Hennielene (46), al langer as twee dae weg is nadat sy in die naweek deur rowers op hul plaas in die Ohrigstad-distrik ontvoer is. Mev. Botha, wat saam met haar man die Iketla Lodge op dié plaas sowat 7 km buite die dorp besit, is Saterdagaand ontvoer. Supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê hulle het nog nie enige spoor van haar gekry nie. “Sy is steeds vermis. Ons gee die saak die nodige aandag en is besig om na haar te soek,”sê Ramatseba. Botha het gister aan Beeld gesê sy vrou het Saterdagaand vroeg gaan slaap omdat sy ’n migraine gehad het. Hy was tot omstreeks 22:30 by die lodge, wat sowat 100 m van die huis af is, besig met gaste. Toe Botha by die huis kom, was dit deurmekaar. In hul slaapkamer was die laaie en hul inhoud op die vloer uitgegooi. “My vrou was nie in die kamer nie. Ek het na die personeelkwartiere gegaan. Die personeel gesê hulle het ’n halfuur vroeër deure hoor klap en ’n motor wat wegjaag,” vertel Botha. “Hulle het gedink dis ek wat my vrou hospitaal toe neem omdat sy siek was. “Hierdie is ’n verskriklike vreemde ding want niemand het eens my vrou hoor skree en gil nie. “Sy sou ’n keel opgesit het. “ ’n Mens kan sien daar was ’n struweling, want die tafeltjie in die kamer is omgeskop.” Botha vermoed dat die rowers per voet op die plaas gekom het. Die plaas het wildheinings en ’n hek wat gesluit word, maar nie enige veiligheidswagte nie. Volgens Botha is die polisie en lede van die Ohrigstad-boerevereniging besig om ’n groot gebied rondom dié dorp in Limpopo te fynkam. Die soektog is al uitgebrei tot so ver as Burgersfort, Steelpoort, Polokwane (Pietersburg), Hazyview, Graskop en Pelgrimsrus. Mnr. Cor Cross, ’n lid van die Ohrigstad-boerevereniging, het eergister gesê hulle vermoed mev. Botha is in haar silwerkleurige Toyota Corolla, registrasienommer BMN 559 l, ontvoer. “Almal probeer so hard en almal help, maar daar is geen spoor van haar nie,” sê Botha. “Ek is bekommerd oor wat die motief hiervoor kan wees, want ek weet nie van enige vyande wat my vrou gehad het nie. “Hennielene is ’n lieflike mens. “Ek soek net my vrou terug. “Ek sal alles opgee, net solank ek my vrou kan terugkry,” sê Botha.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|