Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sheldean gaan na sy huis ‘want sy kry nie kos tuis’
Die vermoorde Sheldean Human (7) wou glo saam met haar beweerde moordenaar en verkragter na sy huis gaan omdat sy nie kos by haar ouerhuis gekry het nie. Dít blyk uit getuienis wat gister in die Pretoriase hooggeregshof gelewer is in die verhoor van mnr. Andrew Jordaan (25), ’n koerantafleweraar. Jordaan het voor waarnemende regter Chris Eksteen en ’n assessor ontken dat hy Sheldean Sondag 18 Februarie verlede jaar ontvoer, verkrag en vermoor het. Hy ontken ook dat hy Sheldean se sewejarige maatjie van Junie 2006 tot Februarie 2007 verkrag en onsedelik aangerand het. Jordaan, wat by sy ouers in Vom Hagenstraat, Pretoria-Wes, gewoon het, ontken ook skuld op aanklag van die besit van dagga. Hy het nie ’n pleitverduideliking afgelê nie. Sheldean se ontbinde lyk is meer as twee weke ná haar verdwyning in ’n stormwatersloot agter die Pretoria-varsproduktemark gekry. Die staat beweer Jordaan het haar na ’n stuk veld sowat 4 km van haar ouerhuis geneem, verkrag, verwurg en haar lyk in ’n mangat, wat toegang gee tot die sloot, gegooi. Mev. Elize Human, Sheldean se ma, het getuig haar gesin het in Februarie verlede jaar in ’n kommune in Erneststraat, Pretoria Tuine, gewoon. Sheldean en haar maatjie het dié Sondagmiddag gevra om na ’n parkie te gaan. Volgens Human het sy Sheldean omstreeks 18:00 nog in die kommune gesien. Toe sy omstreeks 19:00 na haar gesoek het, kon sy haar nie kry nie. Ná sy by die polisiekantoor was, het ’n vrou van die kommune “kom sê hulle weet waar bly Andrew Jordaan”. Human het getuig mense het gesê “daar is ’n oom betrokke”. Volgens Human is sy saam met dié vrou na Jordaan se huis. “Ek het gesê dis my kind en sy is weg. Hy (Jordaan) het gesê dis onmoontlik, hy het haar by die huis gelos.” Mev. Madelein Herbst het getuig sy woon in ’n woonstel op die erf waar Jordaan gewoon het. Jordaan het dié Sondag om 19:25 by haar aangeklop. “Hy het baie gebewe. Hy was nie homself nie.” Jordaan het toe aan haar gesê hy het ’n polisieman “gebliksem” nadat die polisie hom vir dwelms deurgesoek en hom geklap het. Nadat die twee vroue opgedaag het op soek na Sheldean, het sy Jordaan oor Sheldean gevra. “Hy het gesê Sheldean het agter hom aangeloop, want sy wil nie daar bly nie.” Herbst het getuig volgens Jordaan het Sheldean glo gesê sy kry nie kos by die huis nie. “Hy het vir haar gesê sy moet huis toe gaan. Sy wou nie huis toe gaan nie, want sy kry nie kos nie.” Mev. Maria Jacoba de Beer, wat ook in die kommune gewoon het, het getuig sy het Jordaan en Sheldean dié Sondag omstreeks 18:00 buite die kommune op die sypaadjie gesien. Jordaan het op sy hurke gesit. Sheldean het van agter om hom “gehang” en met hom “gespeel”. Jordaan het aan Sheldean gesê: “Jy is orig vir jou ouderdom.” Volgens De Beer het Jordaan hiermee bedoel Sheldean was “jags”. “Dis die manier hoe hy dit vir haar gesê het. Hy het dit ernstig vir haar gesê.” Die verhoor duur voort.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|