Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Toets wys Andrew lieg nie
Mnr. Andrew Jordaan, wat van die moord op Sheldean Human (7) aangekla word, het ’n poligraaftoets wat hy by die polisie afgelê het, geslaag. Dít het kapt. Susanna Maria Knoetze van die polisie se speurdiens in Pretoria gister in die stad se hooggeregshof getuig. Jordaan, wat geboei die beskuldigdebank ingebring is, was voordat sy verhoor gister begin het, oënskynlik ontspanne en het glimlaggend met sy familielede, wat agter hom gesit het, gesels. Knoetze het getuig Jordaan is op 20 Februarie verlede jaar by sy huis in hegtenis geneem. Die staat het foto’s van goed wat glo in Jordaan se kamer gekry is, by die hof ingedien. Daar is glo foto’s van kaal vroue in sy kamer gekry. Daar is na bewering ook ’n foto gekry waarop Sheldean se maatjie verskyn. Jordaan het na bewering dié meisie verkrag en onsedelik aangerand. Knoetze het getuig daar was uitknipsels van twee koerantberigte in die kamer wat gehandel het oor baasspeurder Piet Byleveld se ondersoek na die Leigh Matthews-moord. Volgens Knoetze het sy Jordaan, wat teenwoordig was, toe oor Sheldean gevra. “Hy het gesê die Sondag wat sy verdwyn het, het hy haar parkie toe gevat. Hulle het teruggekom.” Jordaan het aan haar gesê net voor hy by Sheldean weg is, het dié hom gevra of hy die volgende dag weer sou kom kuier. “Hy het (aan Sheldean) gesê hy sal die Dinsdag of Woensdag weer ’n draai kom maak. Sy het gevra of sy asseblief saam met hom kan gaan. Sy het gesê sy kry nie kos by die huis nie.” Volgens Knoetze het Jordaan gesê hy weet niks van Sheldean se verdwyning nie. Tydens die polisie-ondersoek het Jordaan ’n poligraaftoets afgelê “om te kyk of sy bewering waar is”. “Volgens die toets het hy die waarheid gepraat.” Knoetze het getuig sy stem nie saam dat Jordaan niks van Sheldean se verdwyning weet nie. Adv. André Fourie, vir die staat, het gesê die bewysreg sluit poligraaftoetse uit en dit is nie in die hof toelaatbaar nie. Mev. Madelein Herbst, wat op die erf in Vom Hagenstraat, Pretoria, woon waar Jordaan by sy ouers gewoon het, het getuig hy “drink glad nie”. “Hy gebruik wel dagga. Hy maak ’n sigaret. “Hy loop nie baie rond nie. Hy is ’n alleenloper,” het sy getuig.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|