Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Betoging teen moord op duisende kinders
craubenh@beeld.com Altesame 100 klein houtkruisies is gisteroggend tydens ’n stille betoging teen moorde op kinders voor die hooggeregshof in Pretoria uitgestal. Dié kruise simboliseer die kinders wat na raming vanjaar net in Pretoria vermoor sal word. Die verhoor van die vermeende moordenaar van Sheldean Human (7) van Pretoria Tuine, het gister in dié hof begin. Me. Mariana Kriel van die Helpende Hand Fonds van die vakbond Solidariteit het gesê die betoging is ’n poging om die kollig op kindermoorde te laat val. Volgens Kriel skat kenners – en dít is ’n konserwatiewe skatting – dat minstens 120 kinders in 2008 in Pretoria vermoor sal word. In 2006-’06 is 1 128 kinders landwyd vermoor en die syfer vir 2006-’07 staan volgens die sentrum vir geregtigheid en misdaadvoorkoming op altesame 1 152. Dit is ’n styging van 24 moorde. Navorsing deur die fonds toon dat meer as 2 000 moorde jaarliks in Pretoria gepleeg word. “Na raming is sowat 6% hiervan moorde op kinders, wat beteken dat meer as 120 kinders vanjaar net in dié stad vermoor sal word. Kundiges meen selfs dat die skokkende syfer ’n baie konserwatiewe raming is,” het Kriel gesê. Kriel het gesê as misdaadsyfers makliker en meer gereeld bekend gemaak word, kan daar op probleemareas gefokus word. Daar word byvoorbeeld gevra vir ouderdomme van slagoffers, waar hulle vermoor is, watter tye die moorde gepleeg word en of die oortreder aan die slagoffer bekend was. Dit was maar ’n klein groepie mense wat die stille betoging voor die hof bygewoon het. Volgens Kriel het amptenare van die hooggeregshof toestemming vir net tien mense gegee om op die sypaadjie voor die hof te betoog. “Ons wil nie noodwendig massas mense hê nie, maar ons wíl ’n boodskap uitdra,” het sy gesê. “Ons kry baie mense wat wil inskakel. Ons wil ook graag saam met die regering werk.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|