Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Veilig ná kattebak-hel
Mar 25 2008 09:14:55:743PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Hennielene Botha veilig terug by haar man, Albert. Foto: Cornél van Heerden
Verwante Berigte
  • Angs-gille uit die kattebak
  • Hilda Fourie


    Ohrigstad. – “Moenie die mense wakker maak nie, hulle gaan dink jy’s ’n skelm . . . wag tot dit lig word.”

    Dít was die laaste wat me. Hennielene Botha (46) van haar ontvoerders gehoor het toe hulle haar gister net ná 03:00 in ’n trustgebied 36 km noord van Hoedspruit afgelaai het.

    Botha was toe al 52 uur lank in haar Toyota Corolla-motor se kattebak terwyl haar ontvoerders in Mpumalanga en Limpopo rondgery het.

    Botha het gister by die Iketla Lodge, buite Ohrigstad, vertel wat gebeur het sedert sy Saterdagaand deur drie rowers uit haar huis ontvoer is.

    Botha was omstreeks 22:00 in die bed toe sy geluide in die huis hoor. Sy het gedink dis haar man.

    Mnr. Botha was by die lodge besig met gaste.

    “Ek wou nog opspring, toe is daar ’n man in my kamer. Nog twee mans met afgesaagde haelgewere het ingekom.

    “Hulle het my in ’n hoek gedruk en deur ons goed begin gaan.

    “Die leier van die groep het vir my gesê hy is werkloos en hierdie is sy besigheid. Hy wil my nie seermaak nie, hy soek net geld.”

    Die rowers het die Bothas se bankkaarte gekry en Botha gevra om die PIN vir hulle neer te skryf, wat sy toe gedoen het.

    Hulle het haar aan ’n stoel in die kamer vasgebind en uitgeloop.

    Minute later het hulle teruggekom en gesê Botha moet saam met hulle gaan dat hulle kan geld trek.

    Botha, wat net haar nagrok aangehad het, het ’n rekromp gegryp voordat sy die huis uit is.

    By haar motor is sy aan die bestuurskant ingedwing.

    Hulle is na Pench, buite Burgersfort, waar die rowers probeer geld trek het.

    “Die rowers het teruggekom en gesê hulle gaan my nie laat gaan as ek nie vir hulle die korrekte PIN gee nie. Ek het vir hulle gesê dit ís die regte PIN. Ek het regtig vir hulle die regte pin gegee.”

    In Steelpoort was hulle weer onsuksesvol.

    Botha is toe in die motor se kattebak gelaai waar sy gelê het totdat sy gisteroggend afgelaai is.

    “ ’n Mens voel amper veilig in die kattebak,” het sy vertel.

    “Eerder in die kattebak weg van hulle af as wat ek tussen hulle is.

    “Ons het baie grondpaaie gery. Hulle het een keer selfs by ’n sjebeen gestop, drank gekoop en dit gedrink. In ’n stadium het hulle ook vir twee ure geslaap.

    “Sondag het hulle vir my gesê hulle sal my môre (Maandag) vrylaat.

    “Toe het ek nog hoop gehad.”

    Maandag, omstreeks 12:15, het die rowers op buitelandse toeriste buite Graskop toegeslaan en hulle beroof.

    “Ek het iemand hoor sê Graskop is nie te ver nie.

    “Ek het teen die kattebak gestamp en geskree: ‘Help my, help my!’

    “Hulle het in die motor gespring en weggejaag. Ek het drie keer gedink ons gaan verongeluk.

    “Ek het net gebid dat ek lewendig hieruit kom.”

    Volgens Botha het ene me. Ronel Swart, na aanleiding van Beeld se berig oor Botha se ontvoering, die roof tog op die toeriste en die ontvoering bymekaar gesit.

    Die polisie en lede van die gemeenskap het ’n soektog in die Graskop-omgewing begin.

    Gister, kort ná 03:00, is Botha afgelaai.

    Sy het in ’n buitetoilet weggekruip waar ’n ouerige swart vrou haar gekry het.

    Sy het aan die vrou probeer verduidelik wat met haar gebeur het.

    ’n Bakker, wat daarlangs gekom en Afrikaans verstaan het, het uiteindelik die polisie ontbied.

    ’n Inspekteur van die Hoedspruit-polisiekantoor het Botha kom haal, haar geneem om te stort en haar man gekontak.

    “Ek lewe en ek is ongedeerd. Hulle het nooit aan my geraak nie. Ek is uiters dankbaar,” het Botha gesê.

    Haar man, Albert (53), het gister gesê toe hy haar by die Hoedspruit-polisiekantoor opgelaai het, het “die son nog nooit so helder geskyn nie en my vrou was nog nooit so mooi nie”.

    Volgens supt. Armand de Beer, van die Mpumalanga-misdaadvoorkomingseenheid, is dit net ’n kwessie van tyd voordat die drie rowers vasgetrek word.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |