Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Boelie lag – en toe vat hy fiets
‘Hy het teruggekyk en vir my gelag. Toe weet ek hy gaan nie weer terugkom met my fiets nie.” Xavier Fick (10) se geliefde blinkgroen Sumo BMX is gister deur ’n 18-jarige boelie gesteel wat hom in Xavier se vertroue ingewurm het. “Hy het gesê hy wil R500 by sy suster se woonstel gaan haal. Ons het toe soontoe gery.” Xavier het agterop gestaan en die ouer seun het bestuur. “Hy het gesê ek moet afklim sodat hy gou na die woonstel toe kan gaan. Ek het afgeklim. Toe hy wegry, het hy vir my gelag en met ’n moewiese spoed om die hoek gejaag,” het Xavier gesê. “Ek het toe geweet hy steel my fiets. Ek het gevoel ek wil sy nek omdraai.” Sy ma, Thalia, het vir drie maande gespaar om die fiets vir hom te koop. Sy is die enigste broodwinner nadat lewerkanker by haar man, Fanie, gediag-noseer is. “Daai boelie het geen gevoel vir geld of hoe hard daar vir daardie fiets gewerk is of vir my kind se hart of hoe lief hy vir sy fiets was nie,” het mev. Fick gesê. ’n Barmhartige Samaritaan het vir Xavier haar selfoon geleen om sy ma te bel nadat die ander seun met sy fiets vort is. Sy het ingestem om hom by sy huis in Eloffdal in Pretoria te gaan aflaai. “Sy pa lê op sterwe en Xavier help my baie met sy versorging. Hy kook kos in die aand en maak ontbyt in die oggend. “Hy het altyd met sy fiets in die middae brood of melk of iets wat nodig is, gaan koop en dit was sy vervoer skool toe. “Hoe gaan jy nou in die middae by die huis kom, Vlooitjie?” het sy bekommerd gevra. Xavier is in die Prosperitas Nova-skool wat sowat nege blokke van hul huis af is. “Dis baie ver om te loop en ’n gevaarlike pad,” het Fick gesê. Xavier het gesê die seun wat sy fiets gesteel het, het gesê hy is 18 jaar oud. “Hy het sy naam ook gesê, maar ek kan nie sy naam onthou nie. Dis nogal ’n baie lang naam.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|