Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Nóg duurder krag
onvermydelik, sê LUR
Pietermaritzburg. – Verbruikers sal maar vir lief moet neem dat daar nóg ’n verhoging in die elektrisiteitsprys gaan wees. Só het dr. Zweli Mkhize, KwaZulu-Natalse LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling, gister gesê op ’n beraad wat die provinsiale regering oor die nasionale elektrisiteitskrisis belê het. Nóg ’n verhoging benewens die 14%-styging wat reeds goedgekeur is, is so te sê onvermydelik, het Mkhize gesê. Hy het gereageer om kritiek deur eerw. Hawu Mbatha, leier van die Nasionale Demokratiese Konvensie (Nadeco) in die wetgewer, dat Suid-Afrikaners so vuisvoos is oor prysstygings dat Eskom moet vergeet van die verdere verhoging van 53% waarvoor hy aansoek gedoen het. Die nasionale energiereguleerder (Nersa) meen Suid-Afrika se elektrisiteit is só goedkoop dat Eskom nie genoeg verdien om in sy infrastruktuur te kan herbelê nie. Die keuse is om nou ’n aansienlike verhoging in te stel óf later, wanneer die nuwe kragsentrales in gebruik geneem is, die prys soveel te verhoog dat mense in rep en roer sal wees, het Mkhize gesê. Die ander opsie is dat die regering kan bydra tot die R360 miljard wat die nuwe kragsentrales gaan kos, het Mkhize gesê. “Ek weet mnr. Alec Erwin (minister van openbare ondernemings) was met Eskom in gesprek daaroor, maar ek is nie by magte om my daaroor uit te laat nie,” het Mkhize bygevoeg.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|