Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Beurtkrag: Hier gaan ons alweer
Pietermaritzburg. – Kragonderbrekings is van Maandag weer met Suid-Afrikaners. Vir die volgende vier maande sal Suid-Afrikaners al om die ander dag tussen 06:00 en 22:00 vir twee uur lank sonder krag wees terwyl Eskom broodnodige instandhoudingswerk aan sy kragstasies doen voor die winter. Só het mnr. Peter Craig, streekhoofbestuurder van Eskom aan die ooskus, gister hier gesê op ’n beraad wat die KwaZulu-Natalse regering oor die land se energiekrisis belê het. Craig het gesê die eerste fase van die nasionale reaksieplan op die kragkrisis – waarin die land se kragnetwerk gestabiliseer moes word – is nou afgehandel. Van April tot Julie moet instandhoudingswerk afgehandel word aan Suid-Afrika se kragsentrales, wat reeds in hul middeljare is en die jongste 15 jaar gelede al in diens gestel is. Eskom se onderbrekingskedules is reeds op sy webwerf geplaas en verbruikers wat reken hulle het reeds 10% krag bespaar, kan aansoek doen om vrystelling van beurtkrag, het Craig gesê. Volgens hom is daar twee kategorieë verbruikers: individue en groepe na gelang van hoe die elektrisiteit versprei. In woongebiede sal dit taamlik moeilik wees om te bepaal watter eiendomme saam gegroepeer word op die elektrisiteitsnetwerk. Sulke groepe sal ook aan Eskom moet toon dat hulle saam 10% van verlede jaar se gemiddelde kragverbruik per maand gespaar het. As vrystellings verleen word, sal Eskom dié mense se verbruik monitor “om seker te maak hulle verval nie weer in ou gewoontes nie”, het Craig bygevoeg. Hy het munisipaliteite gevra om by hul beurtkragskedules te hou. “Die gouste wat mense kwaad raak, is wanneer onderbrekings onvoorspelbaar is.” Huishoudings sal volgens hom verseker 10% van hul kragverbruik bespaar as hulle sonkragpanele installeer om geisers te verhit. Eskom beoog om vanjaar tot einde Augustus altesame 19 miljoen fluoor-gloeilampe aan huishoudings uit te deel in ’n poging om krag te bespaar. In KwaZulu-Natal sal die 8,5 miljoen fluoor-lampe wat Eskom beskikbaar stel, ’n elektrisiteitsbesparing van 250 MW teweeg bring. Landwyd moet 3 000 MW bespaar word om die krisis af te weer. Die departement van minerale en energie het ’n ooreenkoms met Kuba gesluit vir 10 miljoen van dié gloeilampe en sal na verwagting aanstaande maand begin om dit onder Suid-Afrikaners uit te deel, het mnr. Sandile Tyatya, die departement se hoofdirekteur vir skoon energie, gesê. Reëlings vir regeringsubsidies vir sonpanele is nog nie afgehandel nie. “Daar was kritiek dat regeringsdepartemente, minerale en energie inkluis, snags helder verlig is wanneer niemand werk nie,” het Tyatya gesê. “Ons probeer. Dis eintlik ’n kwessie van opvoeding.”
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|