Hoe kan postmodernes sê Satan bestaan nié?
Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Kattebak-hel: 3 al vasgetrek, motor teruggekry
Mar 26 2008 09:32:59:837PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Veilig ná kattebak-hel
  • Angs-gille uit die kattebak
  • Hilda Fourie


    Die polisie het gister drie verdagtes van die kattebak-ontvoering vasgetrek en mev. Hennielene Botha van Ohrigstad se silwer Toyota Corolla teruggekry.

    “Ek dink nie ek sal ooit weer in my motor kan klim nie,” het Botha gister gesê. Sy was verlig dat haar vermeende ontvoerders vasgetrek is.

    “Dié arrestasies stop die siklus, want ons het by die polisie gehoor hulle (die rowers) het al voorheen mense na ’n kitsbank geneem om geld te trek en dan hulle gelos.

    “Ek hoop net hulle vang die vierde ou ook,” sê Botha.

    Volgens haar gaan dit goed met haar en haar man, Albert (53). Sy sê hulle was gister albei ’n bietjie emosioneel.

    Supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gister gesê dit was “goeie werk” deur die polisie.

    Die verdagtes is minder as ’n dag nadat Botha (46) gevind is, in hegtenis geneem.

    Botha is Saterdagaand omstreeks 22:00 by die Iketla Lodge, buite Ohrigstad, deur rowers in haar huis oorval en ontvoer.

    Die rowers het met haar rondgery totdat hulle haar Dinsdagoggend omstreeks 03:00 in ’n trust-gebied 36 km noord van Hoedspruit afgelaai het.

    Dié drie verdagtes, wat onderskeidelik 20, 28 en 29 jaar oud is, is gister in die vroeë oggendure in Tubatsi en Mecklenburg gevang.

    Ramatseba sê die polisie het inligting ontvang wat hulle na die verdagtes gelei het.

    Botha se Toyota Corolla is, met minimum skade, in een van die verdagtes se besit gevind. Verskeie selfone, asook kontant in euro en dollar, is ook in die motor gekry.

    Die verdagtes word ook daarvan beskuldig dat hulle Maandagmiddag buitelandse toeriste buite Graskop beroof het.

    Terwyl die rowers die toeriste beroof het, het Botha uit die motor se kattebak om hulp geroep.

    Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Tubatsi verskyn op aanklagte van huisbraak, gewapende roof en menseroof.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |