Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Seun breek sy nek in rugbywedstryd
Ermelo. – ’n 15-jarige seun van Ermelo wat in die laaste 10 minute van ’n rugbywedstryd as reserwe op die veld gedraf het, het sy nek in dié tyd gebreek. “Dit is ’n wonderwerk dat my kind lewe en dat hy nie verlam is nie,” sê mnr. David Zeelie nadat sy seun, Stephan, se werwel 3 vertikaal gebreek en werwel 2 en 4 gekneus is. Stephan is eergister uit die Netcare Unie-hospitaal in Alberton ontslaan en is nou tuis in die bed. Die gesin woon op ’n plaas in die Dirkiesdorp-omgewing. Stephan wie onlangs sy hand met atletiek beseer het, was verlede Saterdag op die reserwebank vir die o.15A-span van die Ligbron-akademie vir Tegnologie in hul kragmeting teen die Hoër Tegniese Skool Vereeniging. Hy het 10 minute voordat die eindfluitjie sou blaas, op die veld gedraf. Hy het met die bal gehardloop toe hy op die nat veld gegly het. ’n Opposisiespeler het per ongeluk oor hom gehardloop en met sy knie op Stephan se nek geval. “My vrou, Ethél, was langs die veld en het nader gehardloop,” vertel Zeelie. “Stephan het sy kop opgelig, maar dadelik weer teruggeval op die gras. Hy het gesê hy kan nie sien nie en het geen gevoel in sy regterkant nie.” Stephan is dadelik na die hospitaal geneem waar hy in traksie gesit is. Volgens die neurochirurg wat Stephan behandel, is die besering baie ernstig. “Hy is gelukkig dat hy nie skade aan die murg opgedoen het nie. As die skade ernstig van aard was, kon Stephan ’n kwadrupleeg gewees het. “Ons weet nog nie of hy weer sal kan rugby speel nie. Dis egter net tans buite die kwessie,” sê die neurochirurg. Stephan gaan hom binnekort weer besoek om te bepaal of die gebreekte werwel enige groei en herstel wys. Indien nie, sal hy ’n operasie moet ondergaan. Hy sal intussen sy nekstut dra en moet so min moontlik beweeg. Hy kan nou ook weer sien. Stephan het tans net 30% gebruik van sy regterarm. Hiervoor sal hy intensiewe fisioterapie ontvang. Hy het volgens sy pa verskriklike pyn ervaar, maar danksy medikasie is dit nou onder beheer. “Ons is vreeslik dankbaar vir die paramedici wat so professioneel op die toneel was. As dit nie vir hulle was nie, kon dinge soveel anders gewees het. “Ons wil ook dankie sê vir almal wat hulle bystand deur gebede, SMS’e en oproepe gewys het.” Dis onseker wanneer Stephan kan teruggaan skool toe. Sy skoolhoof, mnr. Dupie van Rensburg, het gesê die videomateriaal van die wedstryd is weer ná die tyd nagegaan en die voorval was werklik ’n ongeluk. “Ons wens hom en sy gesin sterkte toe.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|