Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Komphela sê wat hy binne konteks probeer sê het
Kaapstad. – Mense wat gekant is teen Peter de Villiers as Springbokrugby-afrigter, het die houding van “ons wil nie deur ’n k***er gelei word nie”, het mnr. Butana Khompela, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, gesê. Hy het gister probeer verduidelik dat hy nie bedoel het dat De Villiers “ ’n k***er” is nie, maar dat mense wat hom nie steun nie, nie “ ’n k***er” wil hê as leier van die span nie “Dit is wat ek binne konteks probeer sê het.” Khompela se uitlating kom kort nadat dr. Irvin Khoza, voorsitter van Fifa se plaaslike reëlingskomitee (PRK), aan ’n plaaslike joernalis gesê het om “nie soos ’n k***er te dink nie”. Hy het ná omstredenheid oor sy uitlating en kritiek deur die Menseregtekommissie om verskoning gevra. Intussen het mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport, gister aan die gekose komitee oor maatskaplike dienste gesê dit is belaglik dat oud-Bok-kapteins en AfriForum besorg is oor inmenging in sport. Volgens hom bepaal die nuwe Sportwet hoegenaamd nie dat die regering homself sal bemoei met iets wat die domein van onafhanklike sportfederasies is nie. “Ons het ’n baie meer genuanseerde benadering tot transformasie en ontwikkeling as dit,” het hy gesê. Hy het ook bygevoeg die regering en die ANC het geen voorkeure oor wie aan die stuur van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) staan nie. Inteendeel, hy het sy broer, Mike, wat vir die amp van president van Saru benoem is, gewaarsku om nie by die administrasie van die spel betrokke te raak nie. “Dit is heeltemal te kompeterend,” het hy gesê. – Pieter du Toit
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|