Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sheldean-saak: ‘G’n mediese bewyse dat maatjie verkrag is nie’
Daar is geen mediese getuienis dat die maatjie van Sheldean Human verkrag is nie. Dit blyk uit deskundige getuienis wat gister vir die staat in die verhoor van mnr. Andrew Jordaan (25) in die Pretoriase hooggeregshof gelewer is. Jordaan staan benewens die aanklagte van ontvoering, verkragting en moord op Sheldean, ook tereg op aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding op haar maatjie (nou 9). Hy word daarvan aangekla dat hy Sheldean se maatjie van Junie 2006 tot Februarie 2007 verkrag en onsedelik aangerand het. Jordaan, ’n koerantafleweraar wat by sy ouers in Vom Hagenstraat, Pretoria-Wes, gewoon het voor sy arrestasie, het vroeër skuld op alle aanklagte ontken. Hy word ook aangekla van die besit van dagga. Waarnemende regter Chris Eksteen het Jordaan gister aangespreek toe dié tydens die verhoor dwars in die beskuldigdebank gesit het. Eksteen het gesê hy sien Jordaan sit só en glimlag kort-kort vir iemand in die openbare galery in die hof. Dr. Yvonne Riester het gister getuig sy het Sheldean se maatjie op 19 Maart vanjaar by die Alexandra Kidz Clinic ondersoek. Die maatjie het ontken dat sy deur Jordaan misbruik is, het Riester getuig. Volgens Riester is daar geen mediese getuienis van vaginale penetrasie by die maatjie nie, “maar die tekort aan bevindings kan nie seksuele molestasie uitsluit nie”. Sy het getuig baie skade sou aangerig word as penetrasie wel plaasgevind het. Dít sou een en ’n half jaar later (met die meisie se ondersoek) gesien kon word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|