Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sheldean: Andrew
glo gemartel
Mnr. Andrew Jordaan (25), wat van die moord op Sheldean Human aangekla word, beweer die polisie het hom ná sy arrestasie “gemartel” deur hom op ’n stoel vas te bind en hom te skok. Dit het gister in ’n binneverhoor in Jordaan se verhoor in die Pretoriase hooggeregshof aan die lig gekom. Die binneverhoor moet bepaal of ’n verklaring en uitwysings wat Jordaan aan die polisie gedoen het, tot sy verhoor toegelaat kan word. Jordaan wil dit nie toegelaat hê nie, omdat hy meen die polisie het hom onregmatig beïnvloed om uitwysings te doen. Hy beweer die polisie het hom voorgesê waar Sheldean se lyk gevind sou word en hom gedwing om dit uit wys. Dir. Piet Byleveld van die Gautengse polisiekhoofkantoor se spesiale ondersoekeenheid het in die binneverhoor getuig hy en ander polisielede in sy teenwoordigheid het Jordaan nooit aangerand of gedreig nie. Jordaan se regte is ook behoorlik aan hom verduidelik en hy het dit verstaan. “Ek en die beskuldigde het goed gekommunikeer.” Adv. Khomotso Tlouane, namens Jordaan, het aan Byleveld gesê kapt. Ignatius Michael van Aardt (in Byleveld se span) het Jordaan “geskok”. “Dit is ’n infame leuen. Dit het nooit gebeur nie. Hoekom het hy (Jordaan) dit dan nooit uitgelig nie. Ek vind dit baie vreemd,” het Byleveld geantwoord. Tlouane het voorts gesê Van Aardt het sekere mededelings aan Jordaan “voorgesê en gesê hy mag glad nie daarvan afwyk nie”. Tlouane het gesê Jordaan se hande en voete is aan ’n stoel vasgemaak toe hy hierop gesit het. Hy is met ’n lap, soos ’n vadoek, geblinddoek. Die binneband van ’n wiel is om sy neus en mond vasgemaak. “Goed is om sy voete gebind, soos draad. Iets word gedraai wat soos ’n masjientjie geklink het. Dit het hom geskok,” het Tlouane gesê. Hy het ook beweer dat Jordaan se private dele geskok is. Byleveld het al die bewerings ontken. Die binneverhoor duur voort.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|