Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


24% minder mense sterf vanjaar tydens Paasnaweek op paaie
Mar 27 2008 09:57:02:310PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hilda Fourie


Minder mense is die afgelope Paasnaweek op die land se paaie dood as verlede jaar dié tyd.

Mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, het gister dié syfers in Pretoria bekend gemaak.

Volgens die syfers is daar die afgelope Paasnaweek sowat 24% minder mense dood as verlede jaar.

In 2007 is 319 mense oor die Paasnaweek dood, terwyl 243 sterftes vanjaar in dié tyd voorgekom het.

Uit dié 243 sterftes was 57 mense bestuurders, 121 passasiers en 65 voetgangers.

Die Oos-Kaap en Mpumalanga is die enigste provinsies waar die sterftes vanjaar meer is as verlede jaar.

Mpumalanga (37) het een sterfte meer as verlede jaar terwyl nege meer mense in die Oos-Kaap dood is as verlede jaar. Die Oos-Kaap se sterftesyfer is 30.

KwaZulu-Natal se Paas-sterftesyfer is die hoogste met 51 noodlottige gevalle. Dit is 14 mense minder as verlede jaar. Limpopo het die tweede hoogste sterftesyfer met 39 mense. Dit is ses mense minder as verlede jaar.

In Gauteng (27) is 34 minder mense dood, in die Wes-Kaap (26) een persoon minder, in Noordwes (19) twee mense minder en in die Vrystaat is slegs 13 mense dood. Dit is 21 mense minder as verlede jaar.

Die Noord-Kaap se sterftesyfer is die laagste met slegs een noodlottige geval. Verlede jaar is nege mense tydens Paasnaweek in die Noord-Kaap dood.

Die getal noodlottige ongelukke het ook verminder van 250 in 2007 tot 195 vanjaar.

Volgens Radebe is dié syfers die resultaat van streng wetstoepassing en mense se goeie padgedrag. Hy het gesê wetstoepassing sal vir die res van die jaar opgeskerp word om seker te maak die aantal sterftes bly so laag as moontlik.

“Een sterfte is een sterfte te veel,” het Radebe gesê. “Ons moet na die klein dingetjies kyk om seker te maak ons mense se lewens is veilig op die paaie.”

Met klein dingetjies het Radebe onder meer daarna verwys om nie te drink en te bestuur nie, nie die snelheidsperke te oorskry nie en verantwoordelik te bestuur.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |