In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Kentucky vir Sheldean
Mar 27 2008 09:57:01:043PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'G'n mediese bewyse maatjie is verkrag'
  • Sheldean: Andrew glo gemartel
  • Sheldean-verdagte 'vat haar bed toe'
  • Jeanne-Marié Versluis


    Sheldean Human se laaste ete was Kentucky Fried Chicken wat haar vermeende moordenaar glo vir haar en haar maatjie gekoop het.

    En sonder dié man se hulp sou die polisie gesukkel het om haar ontbinde en halfkaal lykie in ’n erg beboste gebied te kry.

    Dít het gister in die Pretoriase hooggeregshof aan die lig gekom toe die bekende baasspeurder, dir. Piet Byleveld, in mnr. Andrew Jordaan (25) se verhoor getuig het.

    Jordaan, van Pretoria-Wes, het Sheldean na bewering op 18 Februarie verlede jaar ontvoer, verkrag en vermoor.

    Haar lyk is meer as twee weke ná haar verdwyning in ’n stormwatersloot agter die Pretoria-varsproduktemark gekry.

    Die staat beweer Jordaan het haar in ’n stuk veld naby haar ouerhuis in Pretoria Tuine verwurg en haar lyk in ’n mangat, wat toegang gee tot die sloot, gegooi.

    Byleveld het getuig hy het op 28 Februarie 2007 by die ondersoek betrokke geraak. Jordaan was toe in hegtenis.

    Die polisie het foto’s van hom (Byleveld), wat geneem is toe hy die Leigh Matthews-moord ondersoek het, in Jordaan se kamer gekry.

    Byleveld het getuig hy het toe ’n onderhoud met Jordaan gevoer. Jordaan het toe gesê hy het Sheldean en haar maatjie op 18 Februarie na ’n parkie vergesel. Hy het hulle op die rondomtalie en die swaaie gestoot.

    Volgens Byleveld het hy Jordaan oor die kinders se klere uitgevra. “Tot my verbasing het hy bygevoeg dat sy (Sheldean) ’n pienk broekie aangehad het.”

    Jordaan het gesê hy het Kentucky-hoender vir die kinders gekoop en hulle huis toe geneem.

    Sheldean het hom “gesmeek” om saam met hom te gaan omdat sy nie kos by die huis kry nie. Sy het ’n ent saamgestap en toe is hulle uitmekaar.

    Jordaan het oor die foto’s van hom (Byleveld) gesê “dat hy my as sy held beskou omdat ek die Matthews-saak opgelos het. Hy het bygevoeg hy wil graag vir my die waarheid vertel”.

    “Nadat hy sekere erkennings en mededelings oor die pleging van die misdryf gemaak het, het ek gevra of hy bereid sal wees om die toneel of tonele uit te wys. Hy het ingestem.”

    Kapt. Ignatius Michael van Aardt het die uitwysing waargeneem. Van Aardt sou hom bel sodra iets uitgewys word, het Byleveld getuig.

    Hy het later by Van Aardt aangesluit. Op die toneel het die skerp reuk van menslike oorskot van ’n mangat gekom. ’n Kind se lyk is in ’n waterstroompie gekry.

    Sy het geen broekie, hemp of skoene aangehad nie.

    “In die lig van die vonds en die beskuldigde se mededelings, het ek sterk rede gehad om te vermoed dat dit Sheldean se lyk was.”

    Haar lyk was só ontbind dat haar gesig nie uitgeken kon word nie. ’n Familielid het later haar denimrompie uitgeken.

    Byleveld het getuig die lyk sou nie “in die gewone loop van sake” maklik gekry word nie.

    “Hy (Jordaan) gee ’n weergawe wat die saak tot ’n einde bring. Dit is hoekom dit vandag in die hof is.”

    Die verhoor duur voort.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |