Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dansskool kry groot steun ná moord
op Esteé
Die Kmad Dance Company waar Esteé van Rensburg leer dans het, het in die afgelope 24 uur reeds meer as 600 boodskappe van skok en ondersteuning oor dié jong danseres se dood ontvang. Meeste van dié boodskappe kom van musikante en kunstenaars, het me. Kelsey Middleton, eienaar van die dansskool, gesê. Esteé was die danseres van die Vodacom-meerkat, Moitia. “Al die musikante, dansers en kunstenaars wat ons kontak, sê dat hulle graag deel sal wil wees van ’n protesaksie teen misdaad as ons so iets sou reël, maar vir eers is die emosies vir ons nog te rou,” het Middleton gesê. “My dansers is almal stukkend van hartseer. Ek kan nog nie regtig eens met hulle praat nie. Dis verskriklik, ek kan die gevoel van leegte vir niemand verduidelik nie. Sy het gesê dat, wanneer hulle weer “reguit kan dink”, die dansgroep graag ’n produksie of ’n protesaksie sal wil reël ter herinnering aan Esteé. “Iewers sal ons stem gehoor word en ons sal ongetwyfeld nog iets doen. Vir eers is ons nog net té verward. “Die meeste van my dansers het Woensdagaand niks geslaap nie,” het sy gesê. Esteé was volgens Middleton besig om te repeteer vir haar eerste groot rol in die produksie Reflec-tions. “Ek sal van die junior dansers by die produksie moet inwerk of iets, want ons sal nie vir Esteé bloot kan vervang nie. “Daardie kind was die afgelope nege jaar altyd daar gewees en nou is sy weg. Ek kan nog steeds nie glo ek gaan daai klein mensie nooit weer sien nie,” het Middleton met ’n bewerige stem gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|