Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SABC2 het weer Afrikaanse eredienste
Afrikaanse kerkdienste word van aanstaande week af weer vir die eerste keer in ’n baie lang tyd oor plaaslike TV uitgesaai. SABC2 het ’n jaar lange kontrak gesluit waarvolgens dienste uit die Albertonse Lewensentrum weekliks uitgesaai sal word. Aanvanklik sal dit Woensdae om 05:00 uitgesaai word, maar volgens mnr. Collin MacKenzie van die SAUK kan dit later na Sondagoggende verskuif as die kykertalle dit regverdig. Past. Andries Enslin van die Albertonse Lewensentrum sê hulle is ’n onafhanklike gemeente wat hulself tussen die drie susterskerke aan die een kant en die charismatiese en Pinksterkerke aan die ander kant posisioneer. Dié gemeente is meer as agt jaar gelede met 14 mense begin, maar het nou reeds 4 500 lidmate. Me. Mariette Cloete van die produksiehuis Izithombe, wat die programme vervaardig, sê Enslin is die regte soort prediker vir die tyd. Hy preek op die man af en hanteer kwessies waarmee mense worstel. Die dienste word op Sondae opgeneem en dan geredigeer tot 28 minuut lange programme. Dit sal uitgesaai word onder die titel Altaar. MacKenzie het gesê SABC2 het onder meer die mandaat om Afrikaanse programme uit te saai. Hulle wil die Afrikaanse kultuur uitbou en daarom wil hulle nou Afrikaanse eredienste uitsaai. Dis makliker vir Afrikaanse jeug om eredienste in hul eie taal te verstaan en dié uitsendings sal hul erfenis en taal versterk. Enslin sê die uitsending van Afrikaanse eredienste kan help dat Afrikaners weer hoop vir die land terugkry en eenheid onder Afrikaners bewerkstellig deur hulle terug te bring na hul God.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|