Hoe kan postmodernes sê Satan bestaan nié?
Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Padfonds móét R280 m. betaal
Mar 28 2008 10:00:12:677PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philip de Bruin


Die reeds swaar geteisterde Padongelukkefonds (POF) wat volgens sy eie bestuur op die randjie van bankrotskap staan, het gister in die appèlhof gehoor dat hy onmiddellik meer as R280 miljoen in 49 000 eise moet uitbetaal.

Die geding waarin appèlregters P. Streicher, M. Navsa, J. Heher, M. Maya en A. Cachalia uitspraak gelewer het, het gehandel oor die 49 000 eise van 1 238 eisers wat mediese bystand verleen het aan mense wat in motorongelukke beseer is en daarna ’n eis teen die POF instel. Om sake vir die beseerdes makliker te maak en omdat die meerderheid van hulle, volgens die uitspraak, brandarm en ongeletterd is, is ’n stelsel ontwikkel waarvolgens die mediese hulp aan die beseerdes gelewer is, maar dat die beseerdes nie vir die hulp hoef te betaal nie.

Die medici wat die hulp verleen, stel egter dan self ’n eis teen die POF in vir die hulp wat hulle aan die beseerde gelewer het. Sodoende word die betrokke medici verseker van betaling.

Die 1 238 medici en verskaffers van ander mediese dienste wat in die geding betrokke is, het egter ’n ooreenkoms met die maatskappye Alexander Forbes Compensation Technologies en Alexander Forbes Accident Compensation Technologies aangegaan waarvolgens die twee maatskappye eers die beseerde in die ongeluk se eis teen die POF evalueer voordat die betrokke medici hulp aan die beseerde verleen en later van die POF terugeis.

Dié stelsel het vier jaar lank met die volle medewete van die POF seepglad verloop, maar toe het die POF skielik op 27 Oktober 2006 aangekondig dat hy nie meer die eise van die medici gaan erken nie weens die medici se evalueringsooreenkoms met die twee Alexander Forbes-maatskappye.

Die vyf appèlregters het bevind dat dié houding van die POF vloek teen die hele gees van die Wet op die Padongelukkefonds, wat duidelik is dat die die publiek, en veral arm mense, sover moontlik alle hulp moet kry ná ongelukke waarin hulle beseer is.

Die POF moet die 49 000 eise nou verwerk en die R284 miljoen uitbetaal.

Boonop moet die POF al die regskoste van die 1 238 eisers en die twee maatskappye betaal.

  • pdebruir@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |