Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Blomme moet net soos Esteé vergaan’
Mar 28 2008 10:00:01:067PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Linda van Rensburg staan by blomme wat haar oorlede dogter, Esteé, se vriende voor haar ouerhuis kom neersit het. Foto: Alet Pretorius
Verwante Berigte
  • Pa wou nie bed sien waar sy sterf
  • Jong danseres vermoor
  • Hilda Fourie


    ‘Die idee van die blomme is dat dit moet vergaan soos Esteé vergaan het.”

    Só het mev. Linda van Rensburg gesê oor die blomme wat haar dogter se vriende gister voor hul huis in Tonettistraat in Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, neergesit het.

    Esteé van Rensburg (19), ’n jong ballerina en danser van die Vodacom-meerkat Moitia, is vroeër vandeesweek halfkaal en vermoor op haar ouers se bed gevind.

    Sy is dood weens ’n skoot in die kop en is vermoedelik verkrag.

    Kapt. Julia Claassen, polisiewoordvoerder, het gesê die nadoodse ondersoek is gister gedoen, maar bygevoeg dat verdere toetse nog sal bepaal of Esteé verkrag is.

    Die polisie volg nog leidrade op om Esteé se moordenaar/s op te spoor.

    “Ek probeer in Esteé se dagboeke vir ’n leidraad soek, maar daar is niks,” het Van Rensburg gister aan Beeld gesê.

    “Esteé was nie regtig iemand wat geskryf het nie. Sy het oor haar gevoelens gepraat.

    “Esteé was my engelkind. Ek wens ek kan haar nog een keer vashou en haar stem hoor.”

    Van Rensburg het gesê sy het gister vir die eerste keer die moed gehad om na hul huis te gaan waar haar kind vermoor is.

    Volgens haar was dié noodlottige naweek die eerste keer wat Esteé alleen by die huis gebly het.

    Haar ouers was in Oudtshoorn waar hulle die KKNK bygewoon het. Esteé sou eergister by haar ouers aangesluit het.

    Van Rensburg het gesê Esteé was baie skrikkerig om alleen by die huis te bly nadat sy en haar pa, Koos, sowat drie jaar gelede in hul huis aangeval en deur rowers aangehou is.

    Esteé en haar pa is gedwing om plat te lê waarna die rowers met hul motor gevlug het.

    “Ons het as gesin besluit dat Esteé alleen by die huis kan bly. Sy het gewoonlik by vriendinne of familie gebly.

    “Een of ander tyd moet ’n ma die naelstring knip.

    “Maar sy het twee dae te lank alleen gebly,” het Van Rensburg gesê.

    Esteé se roudiens sal Dinsdag om 15:00 by die NG kerk Oosterlig in Waterkloof Glen gehou word.

    “Met die diens wil ons Esteé se lewe celebrate. Haar dood is irrelevant. Wat saak maak, is hoe sy gelewe het,” het Van Rensburg gesê.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |