In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Goosen vaar uit oor misdaad-blaam
Mar 28 2008 10:00:00:333PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anton Goosen
Francois Oosthuizen


Die sanger en liedjieskrywer Anton Goosen het in ’n sterk bewoorde rubriek op LitNet uitgevaar teen diegene wat swart Suid-Afrikaners vir misdaad wil blameer.

“Misdaad is misdaad. Dit maak nie saak wie dit pleeg nie,” het Goosen geskryf.

In die rubriek, getiteld Aan al die ultra-ver-regses en die Flat Earth Society, reageer Goosen op die opmerking van nog ’n LitNet-skrywer dat hy aan die Stockholm-sindroom ly, waar slagoffers empatie met hul aanvallers toon.

Goosen is in Januarie verlede jaar op sy plaas in Hennopsrivier, Centurion, aangeval. “Die aanvaller het nie gesê: ‘Ek haat jou omdat jy wit is en daarom beroof ek jou en skiet jou dalk dood nie’,” het Goosen geskryf.

Hy verwys ook na statistieke van die skrywer en joernalis Jonny Steinberg. Volgens dié syfers is een uit tien Suid-Afrikaners wit, maar net 1 uit 33 moordslagoffers is wit.

In ’n e-pos aan Beeld gister het Goosen gesê dié rubriek het ’n “yslike rioolvloed van regse menings op SêNet, die briewe-afdeling van LitNet, losgelaat”.

“Die regse reaksie in geheel (deurspek met feitefoute) kan gelees en verbind word met emosionele denke uit ’n vergange era,” het Goosen gesê.

Op ’n vraag oor watter faktore hy dink wel tot misdaad bydra, het hy gesê dinge soos armoede, werkloosheid en onwettige immigrante speel ’n rol. “Ons land is nie foutloos nie en om ons probleme op die vorige regime se skuldskouer te laai, gaan dit (die probleme) nie oplos nie.”

Goosen reken beriggewing wat op ’n spesifieke gehoor gemik is, lei tot verkeerde persepsies oor misdaad. “Suid-Afrikaners wat regtig ’n volle spektrum van die nuus wil hê, behoort nie net hul ‘eie’ koerante te lees nie.”

Oor die tronk-rehabilitasie van misdadigers het hy gesê: “Ek dink harde hande-arbeid kan werk. Dit is nie net ’n afskrikmiddel nie, maar kan tot almal se voordeel aangewend word.”

Hy meen Suid-Afrikaners moet almal saamwerk om misdaad te beveg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |