Hoe kan postmodernes sê Satan bestaan nié?
Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Miljoen’-spel onwettig
Mar 28 2008 09:59:59:707PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philip de Bruin


ENB se gewilde Miljoenrand-’n-Maand-rekening wat maandeliks aan ’n gelukkige rekeninghouer R1 miljoen besorg, het gister ’n baie duur dood in die appèlhof gesterf.

Appèlregters C. Howie, P. Streicher, B. Nugent, P. Combrinck en A. Cachalia het eenparig bevind dié ENB-rekeningspel kom neer op ’n dobbelspel wat deur die Wet op Dobbelary verbied word.

Daarmee het die vyf appèlregters ’n vroeëre verklarende bevel van die hooggeregshof in Pretoria bekragtig waarin bevind is dié rekeningspel is ’n dobbelspel. Die nasionale raad op dobbelary het dié hof vir so ’n bevel gevra.

ENB was nie daarmee tevrede nie en het by die appèlhof appèl aangeteken.

Die rekening wat die publiek by ENB moes open om vir die maandelikse prysgeld van R1 miljoen te kwalifiseer, was ’n depositorekening waaruit onttrekkings net gedoen kon word nadat 32 dae kennis aan die bank gegee is.

Nominale rente is op die geld in die rekening betaal, maar vir elke R100 wat die kliënt in die rekening gedeponeer het op ’n bepaalde dag van elke maand, het die kliënt die kans gestaan om geldpryse te wen, insluitende die hoofprys van R1 miljoen.

Die pryswenners is na willekeur deur rekenaars uitgesoek.

ENB het betoog mense kon ná 32 dae al die geld in die rekening onttrek, met geen potensiële verlies vir die kliënt nie. Die bank het ook nie iets van kliënte ontvang in ruil vir ’n wenkans nie.

Die vyf appèlregters het dít egter verwerp en bevind die publiek staan vir minstens 32 dae hul geld aan ENB af, wat op sigself “iets van waarde” is wat aan die bank gegee word.

En die rede waarom dit gedoen is, was om ’n kans te vat om een van die geldpryse te wen. Die hele “spel” is dus ’n onwettige dobbelspel, meen die regters.

ENB is boonop beveel om die nasionale raad op dobbelary se regskoste in sowel die hooggeregshof as die appèlhof te betaal.

ENB het gesê hy neem “met hartseer” kennis van die uitspraak. Hy het kliënte verseker dat hul spaargeld in die betrokke rekenings “veilig en gewaarborg en onmiddellik beskikbaar is”.

Mnr. Robert Keip, uitvoerende hoof van FNB Investment Product House, sê die beslissing spoor die bank aan om na ander maniere te kyk om mense te motiveer om te spaar.

Wat as jy só ’n rekening het?

Kliënte se Miljoenrand-’n-Maand-rekeninge word nou outomaties in 32-dae Rente Plus Kennisgewing-rekeninge omgeskep.

Die rente wat kliënte jaarliks verdien, hang af van die die bedrag in die rekening.

Só lyk die rente:

As die balans R100 tot R999 is, is die rente 6,55% per jaar.

As die balans R100 tot R9 999 is, is die rente 7,8% per jaar.

As die balans R10 000 tot R24 999 is, is die rente 8,05% per jaar.

As die balans R25 000 tot R49 999 is, is die rente 8,3% per jaar.

As die balans R50 000 tot R99 999 is, is die rente 8,8% per jaar.

As die balans R100 000 of meer is, is die rente 8,95% per jaar.

Kliënte gaan spoedig briewe kry oor hul opsies.

Skakel 0860 11 22 44 of besoek enige ENB-tak vir meer inligting.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |