Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Steeds ’n kuierplek – net ’n heel ander mark
Port Elizabeth. – Waar kaal borste, blink danspale en diskoligte nog tot onlangs aan die orde van die dag was, gaan die Woord van die Here eersdaags versprei word. Die Baai se omstrede Go Go Lounge-ontkleeklub in Walmer se deure is finaal gesluit. Bo-op die gebou waar die naam nog tot onlangs gepryk het, kondig die woorde Go God (in dieselfde kleure en lettertipe) die eienares, me. Twanette (Toni) Coetzee, se planne met dié plek aan. Coetzee, wat al weens haar betrokkenheid by die klub met die gereg gebots het, sê sy het haar pad na die Here gevind. Hoewel sy reeds in 1999 die Here as haar verlosser aanvaar het, sê sy het sy die verkeerde pad gekies toe sy tussen geld en God moes kies. Sy voeg egter gou by dat die Here al lankal ’n plan vir haar gehad het. “Verlede jaar kon ek nie my voete in die plek sit nie. Die Here was besig om my plan vir my uit te lê.” Coetzee het in 2003 uit KwaZulu-Natal na die Baai verhuis en het die klub in Februarie 2004 geopen. “Ek was ’n slegte mens en as ek vir almal verskoning kon vra, sou ek. Ek het gedink ek was beter as die wêreld. “Die Here het egter vir my gesê dat die Go Go nie deel is van my plan nie,” het sy vertel. Ná kerk een Sondag het sy huis toe gegaan en vir haar familie gesê dat die klub daai Maandag sy deure sou sluit. Dit was 29 Februarie. Coetzee sê meeste van haar dansers het intussen werk gekry by ’n ander ontkleeklub – wat die afgelope vier jaar haar grootste kompetisie was. Ek wil hê dié plek moet nou een wees waar mense enige tyd kan kom aanbid en ’n happie kan eet.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|