In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Herschelle bestuur glo dronk
Mar 28 2008 09:59:54:787PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Amy Johnson


Kaapstad. – Herschelle Gibbs is gisteroggend op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy die oggendure in die tronk weens beweerde dronkbestuur moes deurbring.

Dié ster-kolwer van die Proteas en die Cape Cobras is gisteroggend omstreeks 01:45 in Hoofweg in Groenpunt in hegtenis geneem nadat hy glo in sy luukse VW Touareg teen ’n hoë spoed in Hoofweg afgejaag het.

Gibbs, wat alleen in die motor was, is deur polisiebeamptes aangesê om te stop. Hy is omstreeks 03:45 by die Seepunt-polisiekantoor opgesluit nadat hy met ’n alkohol-blaaspypie getoets is.

Sr.supt. Billy Jones, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 34-jarige man in hegtenis geneem is omdat hy glo onder die invloed van drank was. “In dié stadium mag ons nie die man se naam noem nie, omdat hy nog nie in die hof verskyn het nie.”

Jones het gesê hy is omstreeks 08:00 op polisieborgtog van R500 vrygelaat.

Na verneem word het Gibbs se vrou, Tenielle, hom by die Seepunt-polisiekantoor gaan haal. Gibbs sal na verwagting op 27 Junie in die Kaapse landdroshof verskyn.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |