Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Andrew: ‘Ek wil dit van my skouers kry’
Mar 28 2008 09:59:53:083PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Elize Human (middel), ma van Sheldean, gister by die hof. Sy word hier deur onbekende mense ondersteun.
Verwante Berigte
  • Kentucky vir Sheldean
  • 'G'n mediese bewyse maatjie is verkrag'
  • Sheldean: Andrew glo gemartel
  • Sheldean-verdagte 'vat haar bed toe'
  • Jeanne-Marié Versluis


    ‘Ek wil dit van my skouers af kry.”

    Só het mnr. Andrew Jordaan (26), die vermeende moordenaar van Sheldean Human (7), glo aan die polisie gesê voordat hy uitwysings gedoen het.

    Die binneverhoor, wat moet bepaal of Jordaan se verklaring en uitwysings aan die polisie tot sy verhoor toegelaat kan word, het gister in Jordaan se verhoor in die Pretoriase hooggeregshof voortgeduur.

    Die staat wil dit as bewysstukke toegelaat hê. Jordaan probeer dit egter verhoed omdat hy beweer kapt. Ignatius Michael van Aardt, die ondersoekbeampte, het hom gemartel, voorgesê waar Sheldean se lyk gevind sou word en hom gedwing om dit uit wys.

    Jordaan van Pretoria-Wes het Sheldean na bewering op 18 Februarie verlede jaar ontvoer, verkrag en vermoor.

    Haar lyk is meer as twee weke ná haar verdwyning in ’n stormwatersloot agter die Pretoria-varsproduktemark gekry.

    Die staat beweer Jordaan het haar lyk in ’n mangat, wat toegang gee tot die sloot, gegooi.

    Van Aardt van die Gautengse polisie se spesiale ondersoekeenheid, het die uitwysings waargeneem nadat die baasspeurder dir. Piet Byleveld hom versoek het om dit te doen.

    Van Aardt het getuig hy het toe aan Jordaan gesê dié is nie verplig om ’n bekentenis te maak nie. Hy het Jordaan gevra of hy nog die uitwysings wil doen. Jordaan het geantwoord: “Ja, ek wil. Ek wil dit van my skouers af kry.”

    Jordaan is toe gevra om te ontklee sodat foto’s van sy lyf geneem kan word om te toon dat hy geen beserings gehad het nie.

    Volgens Van Aardt het hulle vanaf die Brixton-polisiekantoor drie plekke vir uitwysings besoek. Jordaan het beduie hoe om by die plekke te kom.

    Jordaan beweer in die binneverhoor Van Aardt het hom vooraf in ’n stoel geskok.

    Van Aardt het hierop getuig hy beskou homself as ’n professionele ondersoekbeampte en maak homself nie aan sulke optrede skuldig nie.

    “Ek kon hom nooit voorsê nie, want ek geen kennis van die saak gehad en van waar die lyk was nie. My eerste vraag aan hom was waarheen ons moet ry. Hy het gesê: ‘Pretoria. Pretoria-Wes.’ ”

    Adv. Khomotso Tlouane, namens Jordaan, het gesê Van Aardt het die mangat aan Jordaan uitgewys.

    Waarnemende regter Chris Eksteen het aan Jordaan gesê: “As u geweet het waar die lyk was, sou u hom nie na die mangat gevat het nie, want die lyk is 40 m daarvandaan gekry.”

    Insp. Dirk van Blommenstein, wat die motor bestuur het vir Jordaan se uitwysings, het getuig wanneer ’n lyk “in die gewone loop van sake” gekry word, baken die polisie die toneel af, ontbied fotograwe en soek bewysstukke.

    Met Jordaan se uitwysings was daar geen tekens dat ander polisie-aktiwiteite hier plaasgevind het nie.

    “Daar’s niks. Dis ruig, dis bos, dis veld. Daar was geen mens in sig nie,” het hy getuig.

    Die staat het sy saak in die binneverhoor gesluit.

    Eksteen het die verrigtinge tot 20 Mei uitgestel.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |