In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


3 tieners van selfone, beursies beroof
Mar 28 2008 09:59:52:550PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Quintin Nortjé (15), Ruan Uys (15) en Juandré Janse van Rensburg (16) vertel gister van hul noue ontkoming toe gewapende rowers hulle naby hul huise oorval het. Foto: Alan Murdoch
Leané du Plessis


Drie tienerseuns van Nigel is met pistoollope teen hul lywe van onder meer hul beursies en selfone beroof.

“Ons ly nog aan skok. Ons kon so maklik drie kinders verloor het,” het me. Elmarie Janse van Rensburg, Juandré (16) se ma, gister gesê.

Juandré het Woensdagaand omstreeks 21:00 in Eufeesstraat saam met sy vriende Quintin Nortjé (15) en Ruan Uys (15) na hul huise geloop nadat hulle by sy huis gekuier het. Ruan het op sy Honda-motorfiets gesit en die motorfiets met sy voete vorentoe geskuif sonder dat dit aangeskakel was.

Die volgende oomblik het drie mans hulle oorval en pistole teen hul lywe gedruk, het Juandré vertel. “Hy het die loop in my sy gedruk, my deursoek en my beursie gevat.”

Een rower het sy pistool teen Quintin se nek gedruk en die ander syne teen Ruan se gesig terwyl hulle deurgesoek is.

Die rowers het onder meer ook hul selfone gesteel.

“Hulle wou die bike ook steel, maar kon die ding nie start nie,” het Ruan gesê.

Die seuns, leerlinge aan die Hoërskool John Vorster, het toe terug na Juandré se huis gehardloop en hul ouers laat weet, wat die polisie in kennis gestel het.

“Dis ’n baie traumatiese ding wat gebeur het. Nigel was nog altyd ’n veilige plek en ons voel gewoonlik veilig met ons kinders hier,” het me. Janse van Rensburg gesê.

Mnr. Jo Uys, Ruan se pa, het gesê: “Ons stertvere begin regop staan as hulle aan ons kinders vat.”

Mnr. David Niebuhr, voorsitter van die Nigel-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het onlangs ’n omsendbrief aan die gemeenskap uitgestuur om hulle teen die toenemende misdaad in Nigel te waarsku.

“Nigel se misdaad is van die laagste in Gauteng, maar dit maak dit steeds nie 100% veilig nie. Veral huisbrake het die laaste ruk toegeneem.”

Uys sr. het die polisie geprys vir hul vinnige optrede.

“Vandat ons in die polisiekantoor aangekom het, het hulle ons soos konings behandel. Die polisie hier lewer uitstekende diens.”

Konst. Sindy van Zyl, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van gewapende roof word ondersoek.

  • Enigiemand met inligting oor die rooftog kan insp. J.C. Killian van die Nigel-speurtak by 011 814 2262 kontak.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |