Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Grootste boerpot nóg in SA Lotto
As die noodlot dit wil hê, kan een gelukkig Lotto-speler ná die naweek R40 miljoen ryker wees. Dít is die grootste boerpot tot nog toe, sê me. Thembi Tulwana, woordvoerder van die Lotto-operateur Gidani. Die yslike boerpot is “die begin van ’n nuwe era” vir die Nasionale Lotery. Dit is die begin van ’n reeks aankondigings om die speletjie opwindender te maak, sê sy. Tulwana sê “ ’n aantal Lotto-spelers het besluit om hul R2,50 elders te spandeer” in die ses maande verlede jaar wat Suid-Afrika nie ’n Nasionale Lotery gehad het nie. “Die opskorting van die lotery het die uitdaging geskep om dieselfde aantal spelers (as Uthingo, die vorige operateur) te hou. “Maar ons is vol vertroue dat spelers ’n rede sal vind om terug te kom,” sê sy. – Leané du Plesis en Aldi Schoeman
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|