Hoe kan postmodernes sê Satan bestaan nié?
Stemme gaan deesdae op dat ons van die gedagte van die duiwel en die bose magte moet afsien.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Prokureur verdwyn op pad na sy huis
Mar 28 2008 09:59:51:113PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Wynand Louw (39)
Virginia Keppler


’n Prokureur van Pretoria het gisteroggend op pad na sy huis in Wierdabrug, Centurion, spoorloos verdwyn.

Mnr. Wynand Louw (39) het eergisteraand saam met vriende by Co-Fi, ’n restaurant in Brooklyn, gekuier voordat hy verdwyn het.

Mnr. Heinrich Stevens, ’n vriend van Louw, het gesê Louw het dié aand saam met ander vriende gekuier en is tussen middernag en 01:00 by dié restaurant weg.

“Hy het egter nooit by sy huis opgedaag nie. Ons soek sedertdien na hom.”

Me. Samantha Winson, Louw se vriendin, het hom gisteroggend by die Wierdabrug-polisiekantoor as vermis aangemeld.

Volgens Stevens het hulle gister al Louw se vriende en kollegas gebel, maar niemand weet waar hy hom bevind nie.

Stevens het gesê Louw se selfoon is ook sedert sy verdwyning afgeskakel en dat sy motor, ’n silwer-grys Nissan Micra, registrasienommer RMM 397 GP, ook vermis word.

Stevens sou gisteraand Louw se ouers, wat in Hermanus woon, inlig oor hul seun se verdwyning.

Insp. Ilze Jones, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie Louw se verdwyning ondersoek.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |