Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rowers steel, rand ou boer aan
’n Bejaarde boer (74) van Sterk?rivier, wes van Mokopane (Potgietersrus), in Limpopo is gister omstreeks 03:00 in sy huis deur vier rowers aangerand en beroof. Sapa berig dat mnr. Jan Moller wakker geword het toe die rowers ’n deur afgebreek het om toegang tot die huis te kry. Volgens die polisie het Moller in die eetkamer op die rowers afgekom. Die rowers het skote na die plafon gevuur en Moller beveel om op die grond te lê. Hy is in die proses aangerand en het ’n besering aan sy linkeroog opgedoen. Die rowers het sy hande met telefoonkabel vasgebind en sy vrou (72), wat in ’n rolstoel is, op die vloer neergesit. Sy is nie beseer nie. Die rowers het daarna die Mollers se kluis oopgemaak en vier vuurwapens, juweliersware en ’n onbekende bedrag kontant gebuit, waarna hulle met mnr. Moller se bakkie gevlug het. Die polisie ondersoek die voorval.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|