Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Pta-student bedwelm, glo verkrag
Verkykerskop. – ’n Man van Memel in die Vrystaat wat na bewering ’n student van Pretoria se drankie gedokter en haar tydens ’n verjaardagpartytjie verkrag het, sit agter tralies. Mnr. Paul de Klerk (23) van die Memel-koshuis het gister in die Harrismith-landdroshof op ’n verkragtingsklag verskyn. Die aanklag spruit voort uit ’n beweerde verkragting van ’n 18-jarige student van die Universiteit van Pretoria (UP) op die plaas Nonpareil in die distrik Verkykerskop, nadat haar drankie vermoedelik gedokter is. Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die student het glo haar bewussyn verloor en is verkrag. Hy sê sy het glo saam met haar suster na ’n 21ste verjaardagpartytjie op die plaas gegaan. Sy het haar suster van die verkragting vertel en ’n verkragtingsklag is by die Harrismith-polisiekantoor ingedien. De Klerk is eergister in hegtenis geneem en het gister in die hof verskyn. Die verhoor is vir ’n week uitgestel en hy bly in aanhouding. – Loraine Kalp
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|