Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Student ry omstander by toetssentrum dood
Mar 28 2008 09:59:47:240PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Yolandi Maritz


’n Jong student het ’n omstander by die Waltloo-toetssentrum in Silverton, Pretoria, doodgery, slegs enkele minute nadat sy haar rybewystoets gedruip het.

Insp. Lerato Mthiyane, polisiewoordvoerder, sê die voorval het eergistermiddag laat gebeur.

“Nadat die 25-jarige vrou haar toets gedruip het, het die instrukteur haar versoek om terug na die toetssentrum se parkeergebied te ry.

“Sy wou tussen twee motors parkeer toe sy per ongeluk die versneller getrap het pleks van die rem.”

Die motor het oor ’n randsteen tot op ’n grasperk gery waar ’n ouer vrou op ’n stoel gesit het.

Die motor het haar getref en haar uit die stoel die lug ingeskiet. Sy is op die toneel aan ernstige kopbeserings dood.

Die student het probeer weghardloop, maar omstanders het haar aangekeer. ’n Klag van strafbare manslag is teen haar aanhangig gemaak.

Die oorledene se naam is onbekend omdat haar familie teen gister nog nie van haar dood in kennis gestel is nie.

Die student het van die TKC-bestuurskool gebruik gemaak en het die toets in een van dié skool se motors afgelê.

Mnr. Thomas Chauke, eienaar, sê al hul motors is toegerus met ’n ekstra stel remme aan die passasierskant. “ ’n Ongeluk is ’n ongeluk. Ek kan nie kommentaar lewer op die toetsbeampte se vermoë nie, want ongelukke gebeur baie vinnig.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |