Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Mr. Bones 2’ by wit oord verfilm
Mar 28 2008 09:59:46:647PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Virginia Keppler, Beeld se senior misdaadverslaggewer, by die bord wat sê net "blanke familie en vriende" word by dié oord toegelaat. Foto: Herman Verwey
Virginia Keppler


"Wit! Wit! Wit! Net wit families en vriende!"

Só het die eienaar van ’n vakansieoord in Broederstroom, Noordwes, waar die rolprentmaker Leon Schuster ’n rolprent verfilm, gister histeries geskreeu.

Beeld het die oord besoek nadat dit eergister – toe verskeie media genooi is om die rolprentstel by te woon – aan die lig gekom het dat dié oord slegs wit mense toelaat.

By die ingang het ’n bord met die woorde, in hoofletters, “Toegang alleen blanke familie en vriende” gehang.

Schuster is die afgelope week by dié oord besig om sy nuutste fliek, Mr. Bones 2, daar te verfilm.

Volgens die eienaar, mnr. Albertus Pretorius, hang die toegangsbord al jare lank daar.

“Ons laat net wit mense toe en dit is die punt. Dit is ons grond en ons het ook net wit familie en vriende,” het hy woedend gesê.

’n Ander, onbekende familielid van Pretorius het gesê hy sal Beeld se bruin verslaggewer toelaat indien sy nie na drank ruik nie.

“As jy lyk soos jy vandag lyk, sal ons jou toelaat. Ons sal een of twee swart mense toelaat, maar nie ’n bus vol swart mense nie,” het hy gesê.

Aan Beeld se wit verslaggewer het hy onmiddelik ja geantwoord toe sy wou weet of hy haar en haar wit vriende sal toelaat om daar uit te kamp.

Pretorius, wat besig was om ’n verklaring van opsetlike saakbeskadiging by twee swart polisiebeamptes af te lê, het die polisie gevra om die Beeld-span in hegtenis te neem, maar die polisie het geweier.

Dit is nie die eerste keer dat dié oord in die kollig beland nie. In Mei 2005 het ’n wit gesin ’n klag van rassisme teen Pretorius by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Dit het gevolg nadat mnr. Dominic Black en sy gesin daar vakansie gehou het. Toe Pretorius glo agterkom dié paartjie het twee swart kinders, het hy die gesin gevra om die oord te verlaat.

Tydens uitspraak in die gelykheidshof in Brits is beslis dat Pretorius persoonlik vir Black en sy familie om verskoning moet vra. Hy het R10 000 aan Black betaal, wat Black toe aan die Nkosi Johnson-vigsstigting geskenk het.

Destyds het Pretorius ingestem om dadelik hul beleid te verander en mense van alle rasse sou voortaan welkom gewees het.

Toe Beeld se bruin verslaggewer Pretorius vra of hy ’n rassis is, het hy geskreeu: “Jy is ’n rassis” en die deur toegeklap.

Anant Singh, regisseur van die fliek, het in reaksie in ’n verklaring gesê: “Ons het met ons span ondersoek ingestel en niemand van hulle is bewus van die teken nie.

“Ons sal verdere ondersoek instel na die eienaars (van die oord). Ons (Videovision Entertainment) en Leon Schuster sal geen rassistiese aksies duld of verskoon nie.”

Die nasionale film- en video-stigting (NFVF) het gister ook ’n beroep op die vervaardigers van die rolprent gedoen om die verfilming daarvan by dié oord te staak.

Kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê Pretorius het die klag van opsetlike saakbeskadiging teen oordbesoekers aanhangig gemaak, maar sy kon nie sê presies teen wie nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |