Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Swart genoeg’ Hoskins lei steeds rugby
Mar 28 2008 09:59:46:473PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Oregan Hoskins gister nadat hy as Saru-president herkies is. Foto: Denzil Maregele
Morris Gilbert


Kaapstad. – Mnr. Oregan Hoskins het gister ná die jaarvergadering van die SA Rugby-unie (Saru) benadruk dat hy swart genoeg is om die posisie van president ’n verdere twee jaar lank te beklee.

Hoskins het gereageer op beskuldigings van sy teenstander om die presidentskap, mnr. Mike Stofile, dat daar nie vir swart mense ’n plek in SA rugby is nie.

Stofile het sy posisie as adjunkpresident prysgegee om Hoskins teen te staan, maar hy is met 24-21 na die kroon gesteek en Hoskins is as president herkies.

“Wat vandag hier gebeur het, is ’n bewys van die stand van ons samelewing – dat swart mense steeds nie vertrou word nie.

“En ek sê dit nie omdat ek verloor het nie, maar omdat ek Hoskins teengestaan het juis om dié ongesonde toedrag van sake uit te wys,” het Stofile gesê.

Volgens Hoskins is dit vir hom nuus dat hy nie swart is nie.

“My bloed is gemeng en ek beskou my daarom as ’n swart mens.

“Ander mense kan nie namens my besluit of ek swart of minder swart is nie. Ek weet wat ek is en waarvoor ek staan.”

Hy meen dis interessant dat Stofile tussen swart en minder swart onderskei wanneer dit hom pas. “Toe Peter de Villiers die nuwe Springbok-afrigter geword het, was dit Stofile wat na hom as swart verwys het.

“Hoe kan hy op grond hiervan nou tussen my en Peter ’n onderskeid tref,” vra Hoskins.

Op die vraag of hy in sy eerste termyn genoeg gedoen het om rugby te transformeer, het hy geantwoord daar is tasbare bewyse vir die vordering wat gemaak is.

“Dis mense met verskuilde agendas wat so graag op die transformasiewa klim. Die fout wat hulle maak, is dat transformasie nie net om kleur en getalle gaan nie.

“Transformasie is ’n deurlopende proses. Ons moet aanhou om dit met uitnemendheid te versoen in die wyse waar op ons administrateurs, spelers, afrigters en skeidsregters ontwikkel,” sê Hoskins.

Hy het ook bekendgemaak dat hy nie vir ’n derde termyn as president beskikbaar sal wees nie.

Hoskins se eerste taak sal wees om weer eenheid in Saru se verdeelde geledere te bewerkstellig. Hierin kan mnr. Rautie Rautenbach, die nuwe visepresident en enigste verteenwoordiger uit die Stofile-kamp op die uitvoerende bestuur, ’n belangrike rol speel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |