Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kry topspeurders se diens vir net R17
Dis nie net bekendes en hooggeplaastes wat topspeurders kan kry om hul sake te ondersoek as hulle onder misdaad deurloop nie. Die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch het met ’n plan vorendag gekom: plaas ’n beloning op ’n misdadiger se kop en vergoed hiermee ’n ervare, gespesialiseerde ondersoekspan. Mense wat hieraan wil deelneem, sal teen sowat R17 per maand kan registreer vir ’n sogenaamde bounty button. As hulle dan ’n misdaadslagoffer word, ondersoek topspeurders die saak, sê mnr. André Snyman, stigter van eBlockwatch. Die teenmisdaadnetwerk bestaan al uit ’n span oud-polisiemanne, private speurders en ander hoogs opgeleide persone. Hulle en ander wat vir dié taak gewerf sal word, sal saam met die polisie poog om misdadigers vas te trek. “Kyk na al die hoëprofiel-misdade, soos die kaping van Tokyo Sexwale se vrou, Judy, die Lucky Dube-moord, die voortvlugtige Ananias Mathe en hoe gou dié sake opgelos is. Dit is omdat ’n hoogs ervare ondersoekspan aan hierdie sake gewerk het.” Snyman sê daar is ’n groot gaping in die polisiediens wat ervare ondersoekspanne betref en hulle wil dit graag aanvul. Forensiese en digitale tegnologie sal ook ingespan word. “Druk moet op misdadigers toegepas word. Ons kan nie voorkomend bly werk nie. Ons sal seker maak dat die stelsel nie misbruik word nie. Dit is glad nie vir vigilante-groepe of georganiseerde misdadigers wat die dade pleeg om die geld te probeer opeis nie.” Intekenare wat al die paniekknoppie vir R17 per maand op hul selfone het (sowat 5 000 mense landwyd), sal niks ekstra vir die bounty button hoef te betaal nie. Dit word net oorgedra en werk op presies dieselfde manier. Om in te teken, kan “Bounty” na 33930 gesms word. Meer inligting is op die webtuiste, www.eblockwatch.co.za, te kry. – Annelene Moses
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|