Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Stap weer ná 5 skote tydens roof
Apr 02 2008 08:13:39:987PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sy staan! Razelle Botha van Morelettapark in Pretoria tydens 'n oefensessie in die gimnasium van die MuelMed-MediClinic in Pretoria. Foto: Cornél van Heerden
Virginia Keppler

“Kyk, ek staan!”

Só het ’n opgewonde Razelle Botha (18) van Morelettapark in Pretoria gister in die gimnasium van die MuelMed-MediClinic in dié stad gesê.

Sy is in Februarie tydens ’n gewapende rooftog by haar ouerhuis met vyf skote in die bors, long, rugmurg, arm en maag gewond.

Haar dokter het aanvanklik gemeen sy het net ’n 30%-kans om weer te loop.

“Maar ek gaan hom verkeerd bewys. Ek gaan stap,” het dié positiewe, sprankelende meisie gesê.

Van bitterheid of selfbejammering is daar geen spoor nie.

Al waarop Razelle konsentreer, is om weer te loop en om met haar lewe voort te gaan.

“Ek is ’n buitepasiënt en kom oefen elke dag vir twee uur by die hospitaal. Ek het begin loop; eers net tien tree . . . en elke dag stap ek verder.

“By die huis oefen ek my bolyf en my hande. Dit is baie swaar op my hande, want hulle het nou ‘voete’ geword.”

’n Vriend het voorgestel dat sy spiritus aan haar hande smeer om dit hard te maak.

“Maar ek wil nie harde hande hê nie; ek wil vroulike hande hê.”

Razelle en haar ouers, prof. Willem en me. Cobie Botha, het eergister by hul nuwe huis in ’n veiligheidskompleks in Morelettapark ingetrek.

“Dis klein, maar baie beter.

“Ek was gisteraand (eergister) by ons ou huis om ’n paar van my goed te gaan haal. Dit was nie lekker nie.

“Al die herinneringe van die aand toe ek geskiet is, het weer teruggekom.”

Sy slaap ook beter.

Razelle kan nie glo dat nog jong mense vermoor word nie.

“Die arme Esteé (van Rensburg, wat in haar ouerhuis in Faerie Glen vermoor is). Nóg ’n jong meisie is dood. Dit moet baie seer wees vir haar familie,” het sy gesê.

Sy is baie dankbaar dat sy nog leef.

“My vriende en familie behandel my soos hulle my altyd behandel het en daarvoor is ek dankbaar, want een van die dae stap ek by die hospitaal se deur uit,” het sy bygevoeg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |