Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Ek wil sy gesig nie onthou'
Apr 08 2008 09:11:45:467AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dit is na bewering die gesig wat me. Annerette Fourie nie kan vergeet nie. Mnr. Henry Faba probeer 'n fotograaf gister by die hof intimideer. Foto: Charl Devenish
Mike van Rooyen

SY kan die "absolute uitdrukkinglose" gesig wat geen emosie toon nie van die man wat haar en haar ma geskiet het nie vergeet nie. "Ek wil nie meer die gesig onthou nie," het mej. Annerette Fourie van Kampsbaai gister in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

"Ek dink ek was eerste geskiet. Ek dink ek het agter my ma weggekruip. Dit is hoekom sy vandag dood is. Ek het my ma vorentoe gevat en agter haar geskuil," het sy in trane voor waarnemende regter M.M. Mabesele getuig.

Mnre. Henry Faba (23) en Ntshegelang Simon Motibi (29), albei van Thaba Nchu, ontken hulle het mnr. Eugene (56) en mev. Anne-marie (52) Fourie die aand van 16 November 2006 op hul familieplaas Rietvlei, Verkeerdevlei, vermoor. Hulle ontken ook skuld op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en dat hulle mej. Fourie probeer vermoor het.

Drie van hul medebeskuldigdes, mnre. Jeremia Khaile, Christopher Moneri en Mafa Talla, se aansoeke om ontslag het gister geslaag en hulle is onskuldig bevind en ontslaan. 'n Sesde beskuldigde, mnr. Johannes Tshotleho, is sedert hul laaste verskyning dood.

Mej. Fourie wat dié dag op die plaas aangekom het om te kuier, het getuig ná aandete was sy in die kombuis toe sy vyf skote hoor en haar pa buite hoor skreeu. Haar ma het die kombuis ingekom en gesê hulle het haar pa geskiet.

Sy het gedink dit was net waarskuwingskote, maar is agter haar ma aan na die agterdeur.

Die volgende oomblik was 'n man in die kombuis en is hulle geskiet. "Ek het gesien wie die skote afvuur, net voor dit en daarna. Ek wens ek kan sê dit was 'n vinnige gebeurtenis, maar vir my het dit soos 'n ewigheid gevoel. Dit was 'n hele paar skote."

Die volgende het sy 'n gevroetel en stemme wat saggies praat, in die huis gehoor.

Ná 'n wyle het sy voetstappe hoor terugkom. "Ek het geglo hulle kom maak seker ons is dood, of kom ons doodskiet. Ek was regtig bang en het nie geweet wat om te verwag nie." Sy het skrams gesien hoe hulle haar ma skop.

"Ek het my asem probeer ophou, my oë toegemaak en gehoop hulle dink ek is dood. Hulle het my ook geskop," het sy huilend getuig. Sy kon nie sien wie skop nie.

Toe hulp opdaag, is sy met 'n ambulans na 'n hospitaal gebring waar sy vyf weke behandel is. Sy weet nie of die wond aan haar hand en lyf deur een skoot veroorsaak is nie.

"Beskuldigde1 (Faba) wat ek vandag in die hof sien, is die een wat my en my moeder geskiet het."

In kruisverhoor deur mnr. Kenny Pretorius, vir Faba, het sy getuig toe die skietery in die kombuis begin, het haar ma uitgeroep: "Hoekom doen julle dit aan ons?"

Mej. Fourie het getuig dit het vir haar soos 'n oorlog gevoel in die kombuis. "Ek konsentreer om te vergeet. Ek probeer die voorval uitblok."

Nadat sy haar bewussyn herwin het, het sy elke aand begin ruk uit vrees die man kom terug. "Ek dink ek het gehoop hy is nie vandag hier nie," het sy getuig.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |