Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Man wat 'sonder emosie' moor skuldig aan 2 se plaasmoord
Die man wat sonder enige emosie op sy gesig op 'n boervrou en haar dogter in die distrik Verkeerdevlei losgebrand het en die een doodgeskiet en die ander ernstig gewond het, is in die Vrystaatse hooggeregshof aan moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind. Waarnemende regter M.M. Mabesele het mnr. Henry Faba (23) van Thaba Nchu skuldig bevind dat hy mnr. Eugene (56) en mev. Annamarie (52) Fourie die aand van 16 November 2006 op hul familieplaas Rietvlei vermoor het. Hy is ook skuldig bevind dat hy hul dogter, Annerette, probeer vermoor het. Hy is ook aan die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie skuldig bevind. Sy oorblywende medebeskuldigde, mnr. Simon Motibi (29), is gister onskuldig bevind en ontslaan. Drie ander medebeskuldigdes is eergister onskuldig bevind en een is voordat die verhoor vanjaar hervat is, dood. Regter Mabesele het mej. Fourie se getuienis dat sy Faba die aand in die kombuis gesien het toe die koeëls op haar en haar ma gereën het, aanvaar. Die enigste een wat sy gesien het en wat gewapen was, is Faba. Daarom is hy ook skuldig bevind dat hy mnr. Fourie doodgeskiet het voordat hy op die vroue in die kombuis gevuur het. Faba se getuienis dat hy dié aand by sy huis in Thaba Nchu was, is verwerp. Só ook die getuienis van sy vrou, Martha, wat gister ook só getuig het. Haar getuienis is veral verwerp oor 'n nota wat Faba vir sy vrou gegee het voordat sy gaan getuig het. Daarop was geskryf dat sy moes getuig hy was die hele dag by die huis, behalwe toe hy vir sy ma gaan pille haal het. Adv. Sophie Giorgi, vir die staat, het haar na die nota uitgevra. Sy moes dit toe in die getuiebank voorlees.
Mnr. Kenny Pretorius tree vir Faba op. Die verhoor is tot 1 Julie uitgestel.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|