Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Ek het heeltyd aan die haaie gedink wat om ons swem'
‘Ek het die hele tyd aan die haaie gedink wat om ons swem.” Só vertel me. Marili Esterhuyse (22), ’n sielkunde-student van Bloemfontein en vriendin van die Cheetah-senter Hendrik Meyer (24), oor hul nagmerrie-ervaring toe hulle gisteroggend in ’n hok tussen groot witdoodshaaie wou gaan duik het. ’n Fratsbrander het die boot waarin hulle en 17 ander mense was, naby Gansbaai omgeslaan. Meyer, wat eergister vir die Cheetah-rugbyspan as plaasvervanger langs die veld in die Super14-wedstryd teen die Stormers in Kaapstad was, en Esterhuyse het ná die wedstryd in die Kaap gebly om vakansie te hou. Esterhuyse sê die see was vroeg gister onstuimig. ’n Paar bote het saam uitgegaan. Hulle het almal klaar geduik en hul boot was gereed om terug te keer land toe. Meyer sê dit was nog net die videokameraman wat in die haaihok was wat op die boot moes terugklim. Esterhuyse sê sy het net gille gehoor. Almal het geskreeu: “Hou vas!” Meyer sê hy het in die kajuit van die boot gesit en het die brander sien kom. “Die volgende oomblik het die brander die boot laat omslaan.” Esterhuyse het onder die boot beland en gespartel om bo te kom. Meyer was in die kajuit vasgekeer. “Ek het die stuur van die boot gesien en geweet ek moet na die ander kant swem.” Hy het aanhou skop en uit die kajuit geswem om op die omgeslane boot te klim. Meyer sê hy het die hele tyd aan die haaie in die water gedink. Hy het na Esterhuyse gesoek totdat sy onder die boot uitgeswem het. “Ek het ’n dik baadjie aangehad en verskriklik gesukkel om te swem. Ek kon niks sien nie en het net gedink dat ek bo-op die boot moet kom,” sê Esterhuyse. Sy het Meyer bo-op die boot gesien en gesien sy bene is vol bloed. Hy het haar uit die water op die boot getrek. Meyer het vier steke vir snye aan sy voet gekry. Esterhuyse het niks oorgekom nie en het slegs blou kolle aan haar lyf. Die twee is gister na Stellenbosch, waar Esterhuyse studeer het, om ’n bietjie te ontspan.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|