Raad vir die vraat
Beheervraat? Lees die volgende definisies en besluit self.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Slagoffers se name bekend
Apr 13 2008 10:16:18:260PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Toeriste en bemanningslede klouter op die romp van die omgeslane haaihok-boot die Shark Team nadat dit gisteroggend in Valsbaai omgeslaan het. Die meeste van hulle is deur die bote van ander haaihokduik-maatskappye gered.
Verwante Berigte
  • 'Ek het heeltyd aan die haaie om ons gedink'

  • Nurene Jassiem, Michele O'Connor en Sapa

    Gansbaai. – Drie buitelandse toeriste is dood toe hul boot gisteroggend tydens ’n haaihokduik-uitstappie deur ’n fratsgolf omgeslaan is.

    Die Cheetah-senter Hendrik Meyer, wat eergister nog vir sy span in ’n Super14-wedstryd teen die Stormers in Kaapstad gespeel het, was ook onder die haaihokduikers aan boord van die Shark Team toe dit omgeslaan het.

    Hy was onder die boot vasgekeer, maar kon uitswem en op die omgekeerde romp klouter. Hy en sy vriendin het later vertel dat hulle net aan die haaie bly dink het nadat hulle in die water beland het.

    Die oorledenes is almal mans – twee van die VSA en een van Noorweë.

    Volgens Sapa is die Amerikaners is mnre. Cassey Scott Lajeunesse (35) van Maine en Christopher Tallman (34) van Kalifornië. Die Noorweër is mnr. Kenneth Roque van Moss.

    Altesame tien toeriste en nege bemanningslede was aan boord van die 12 m lange boot toe dit omgeslaan het waar dit voor anker gelê het op die oop see tussen Kleinbaai en Pearly Beach, het sers. Frans Groenewald, ’n lid van die plaaslike polisie, gesê.

    Daar was talle bote in die omgewing wat haaihokke in die water laat sak het. Minute ná die voorval omstreeks 10:00 het dié bote en verskeie ander plaaslike vaartuie die mense in die water te hulp gesnel.

    Volgens mnr. Craig Lambinon, ’n woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is 17 mense reeds uit die water gehaal toe hulle by die toneel gekom het.

    “Vyf mense is na ’n plaaslike dokter geneem vir behandeling. Een man is op die toneel dood verklaar.”

    Die ander twee toeriste wat volgens omstanders onder die boot beland het, is omstreeks 12:00 deur plaaslike bote na die Kleinbaai-hawe gebring waar paramedici hulle dood verklaar het.

    Me. Charmaine Beukes, eienaar van White Shark Projects aan wie die boot behoort, het die voorval as ’n “hartseer tragedie” beskryf.

    “Ons harte gaan uit na die familie van die oorledenes. Ons het reeds die Toerismeraad gekontak om almal wat betrokke was, berading te gee,” het Beukes gesê.

    Volgens ’n anonieme inwoner van Kleinbaai was die see gister onstuimiger as gewoonlik.

    “Ek het gesê hulle waag baie om in daardie omstandighede die see in te vaar, maar ons sien deesdae dat al hoe meer haaihokbote in slegte omstandighede uitgaan omdat hulle nie geld wil verloor nie.”

    Beukes het erken dat die see rof was toe hul boot uitgegaan het.

    Volgens Lambinon het die suidoostewind tussen 10 en 15 knope (sowat 18,5 km/h en 27,75 km/h) gewaai en die deinings was sowat 2 m hoog.

    Teen omstreeks 15:00 gister was die NSRI-reddingsboot South Star besig om die Shark Team verby Danger Point te sleep toe die sleeptou gebreek het. Die NSRI-boot moes omdraai en die Shark Team weer op sleeptou kry onderweg na die Gansbaai-hawe.

    Mnr. Reinard Geldenhuys, hoof van brand-en-rampbestuur van die Overberg, het gesê die twee helikopters, een van die NSRI en die ander van die Rooi Kruis se lugreddingsdiens, het gelukkig albei die naweek aan ’n oefening in Hermanus deelgeneem. “Ons was binne 10 min. op die toneel.”

    Volgens hom is diegene met ligte beserings, wat gebreekte arms en enkels insluit, deur die plaaslike dokter behandel. Nog een met ernstiger beserings is na die hospitaal in Hermanus vervoer.

    “Dis ’n tragedie. Dit is die eerste keer in die 12 jaar wat die sowat ses haaihokduik-maatskappye hier werk, dat ’n voorval soos dié plaasvind.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |