Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Moordverdagte ontsnap, breek in
Apr 21 2008 10:31:11:633PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Barmhartige sterf marteldood
  • Alet van Zyl


    Een van die verdagtes wat weens die moord op me. Zaiboon Jeena (61) van Ottoshoop in Noordwes gearresteer is, het eergister ontsnap en vermoedelik kort daarna by ’n plaashuis buite dié dorp ingebreek.

    Mnr. Philip Moremi (29) het volgens supt. Keaovaka Moses, polisiewoordvoerder, eergister omstreeks 17:00 saam met ’n huisrooftogverdagte uit hul sel ontsnap.

    Mnr. Kobie Meyer (43), ’n boer van die omgewing, het gister aan Beeld vertel hy het omstreeks 18:30 voor sy plaashuis stilgehou en dadelik gemerk sy drie foksterriërs blaf in die rigting van die huis.

    “Ek het dadelik besef iets is fout en weggejaag,” het hy gesê.

    Hy het van sy werkers gaan oplaai, maar toe hulle weer by die huis kom, was die indringers weg.

    Volgens Moses vermoed die polisie dit was Moremi en sy makker wat by die huis ingebreek het omdat hy voorheen by Meyer se broer op dieselfde plaas gewerk het.

    Moremi is verlede maand saam met nóg ’n verdagte in hegtenis geneem nadat hulle Jeena na bewering op 12 Maart koelbloedig vermoor het.

    Meyer meen die inbrekers, wat toegang tot die huis gekry het deur die voordeur oop te breek, het geld en vuurwapens gesoek omdat sy hele huis omgekeer is, maar niks weg is nie.

    Meyer se vuurwapens en kontant was in die kluis toegesluit, maar die inbrekers kon nie die kluissleutel opspoor nie.

    Volgens Meyer het hy self gaan kyk waar Moremi-hulle uit die sel ontsnap het.

    Die twee verdagtes is saam met nóg ’n verdagte in ’n tweevertrek-sel aangehou.

    Die een vertrek het ’n soliede dak, terwyl die ander dak met iets wat lyk soos ’n sif toegemaak is, sodat die gevangenes die blou lug kan sien.

    Volgens Meyer het hulle met ’n ysterpennetjie ’n gat groot genoeg vir ’n man se skouers in dié sif gemaak.

    Daarna het hulle die tronkdeur uitgelig, dit as ’n leer gebruik en deur die dak ontsnap.

    Meyer het gesê die ontsnapping wys duidelik dat die polisie versuim om gereeld die selle te patrolleer.

    Moses wou nie hierop kommentaar lewer nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |