Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sneeu, maar winter wag nog
Die kans is groot dat jy vanoggend knars-knars deur die ryp moes loop om jou koerant by die hekkie op te tel – en môreoggend gaan dit waarskynlik net so wees. Maar mnr. Evert Scholtz, woordvoerder van die Suider-Afrikaanse Weerdienste (SAWS), sê dis nog nie die begin van ’n vroeë winter nie. Volgens hom verwag hulle vanoggend en môreoggend ryp in Johannesburg en Vereeniging, asook in Noordwes, Mpumalanga, die Vrystaat en die Oos- en Wes-Kaap. “Die temperature behoort teen Donderdag te styg met sonnige weer die naweek. Die afgelope naweek se koue front het egter die eerste rêrige sneeu gebring.” Dit het oor dele van die Oos-Kaap, Lesotho en die Drakensberg in KwaZulu-Natal geval. Volgens Scholtz het dit in die suidelike kusgedeeltes van KwaZulu-Natal ook baie gereën. Die koue temperature het drie lewens in die Oos-Kaap geëis: Twee mans is in Umtata op pad huis toe vermoedelik van die koue dood, terwyl ’n vrou (64) van Ngcobo dood is nadat sterk wind haar huis verwoes het, berig Sapa. ) Stuur jou weerfoto’s en -video’s na mystorie@beeld.com.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|