Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Polisie kón plaasmoord voorkom, meen boere
Die dubbele plaasmoord sou nié plaasgevind het as die polisie hul werk gedoen het nie. Só voel verskeie boere in die Ottoshoop-distrik met wie Beeld gister gepraat het. Mnr. Phillip Moremi (29) en ’n huisroofverdagte het Sondag uit die Ottoshoop-polisieselle ontsnap. ’n Boer, wat om veiligheidsredes anoniem wil bly, het gesê sy plaaswerkers het hom eergister omstreeks 11:00 kom opklop. “Hulle het gesê die ontsnapte gevangenes was by hul huise, besig om bier te drink en hulle te intimideer.” Die boer het dadelik die Lichtenburg-polisiestasie gebel omdat sy plaas glo in hul polisiegebied val, eerder as die Ottoshoop-polisiestasie wat nader is. “My buurman se werkers het ook na hom toe gegaan en hy het die Mafikeng-polisiestasie gebel.” Volgens die boer het die polisie eers 14:30 by sy huis opgedaag, nadat hy ’n halfuur vroeër weer gebel het. “Die polisie was baie behulpsaam met die tweede probeerslag en al drie polisiestasies (Lichtenburg, Mafikeng en Ottoshoop) het uiteindelik opgedaag, maar toe was die mans klaar weg.” Die verdagtes het na bewering skaars drie uur daarna die dubbele plaasmoord gepleeg. Dit is die vierde misdaad waarby Moremi na bewering betrokke is. Benewens die moord op me. Zaiboon Jeens (61) het Moremi na bewering kort ná sy ontsnapping ’n plaashuis beroof en word hy nou ook verbind met die moorde op die Deysels. Supt. Louis Jacobs, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n taakspan is onmiddellik ná die ontsnapping saamgestel. Ook insp. Carina Fourie, polisiewoordvoerder van Lichtenburg, het gesê die polisie het alles in hul vermoë gedoen om die verdagtes aan te keer. “Verskeie eenhede van die polisie en van verskillende polisiestasies was heeldag besig om die gebied te fynkam. Dit was beslis nog heeltyd ons prioriteit en ons was en is steeds op die toneel,” het sy gistermiddag laat gesê. Mnr. Paul van der Walt, president van die TLU, het aan Beeld gesê die gemoedere onder dieboeregemeenskappe loop hoog. “Die polisie en politici maak ’n groot geraas as ’n boer enigiets doen en maak dit af as rassisme, maar hier word ’n boer letterlik geslag en dieselfde gebeur nie.”
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|