Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rowerkoeël verlam pa van 3 toe wel
Mnr. Martin Janse van Vuuren (35) van Dorandia, in die noorde van Pretoria, sal nie weer sy drie kinders kan vashou nie. Mnr. Nic Kruger, Janse van Vuuren se skoonpa, het gesê die dokters het aan hulle bevestig dat hy van die nek af ondertoe verlam is. Beeld het vroeër berig dat Janse van Vuuren Vrydagaand deur rowers in Soshanguve, noord van Pretoria, geskiet is. Janse van Vuuren, wat vir ’n staalonderneming in Temba, naby Hammanskraal, werk, het op pad huis toe sy werkers by hul onderskeie huise in Soshanguve gaan aflaai. By ’n stopteken het twee rowers probeer om hom uit sy motor trek. Janse van Vuuren is in die proses geskiet. Hy is in die regterskouer getref, maar die koeël is deur sy long en ruggraat. Die rowers het met leë hande gevlug. Kruger het gister gesê dat Dillon (9), Rainhart (5) en Bianca (4) die hele tyd na hul pa vra. “Hulle vra die hele tyd wanneer hulle weer hul pappie gaan sien. Hulle sê die hele tyd hulle mis hul pa,” het Kruger gesê. Volgens Kruger sal hulle vandag aan die kinders verduidelik dat hul pa geskiet is, bedlêend is en nog lank gaan lê. Die kinders sal glo eers volgende week vir hul pa in die Muelmed-hospitaal gaan kuier.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|