Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Taliep: Drama, trane toe verdagte skuld erken
Kaapstad. – ’n Beskuldigde het gister vir ’n omwenteling in die Taliep Petersen-saak gesorg toe hy spontaan vanuit die getuiebank gesê het, hy “het ’n fout begaan” en wil skuld erken. Tydens kruisondervraging van die binneverhoor waarin hy die toelaatbaarheid van sy verklaring betwis het, het mnr. Waheed Hassen (35) uit die bloute gesê hy wil dit graag aan die hof stel hy het ’n fout begaan en wil nou skuld erken. Regter Siraj Desai het dadelik gesê dit is ’n belangrike besluit wat Hassen pas geneem het, en die hof moet tydelik verdaag sodat hy (Hassen) met sy advokaat kan konsulteer. Ná die verdaging het Hassen sy hand op sy hart gesit en dit daarna uitgestrek na familielede in die openbare galery. Van die vroue in die galery het begin huil. Dié dag van drama is hervat toe die hof ná ’n halfuur weer in sitting was om Hassen se twee verklarings aan te hoor. Taliep moes in sy laaste oomblikke besef het Najwa Petesen, sy vrou, is betrokke, het die hof gehoor. Sy familie het in die hof gehuil tydens die uitlees hiervan. Volgens Hassen het Petersen, nadat hy en mnr. Jefferson Snyders, ’n medebeskuldigde, vir Taliep oorrompel het, uit ’n slaapkamer geloer en by die twee mans aangesluit. “Sy het (Taliep) gegryp en gedruk, asof dit die laaste afskeid was. Trane het uit sy oë gevloei soos hy besef het sy was deel van die hele ding. “Maar wat vir my vreemd gelyk het, met al die drama wat ontvou het, was dat hy haar ’n kopstamp gegee het, so asof hy haar nie naby hom wou hê nie.” Volgens Hassen was hy seker dat “Boeta Taliep”, wat vir hom gelê het soos “ ’n lam ter slagting”, kon hoor dat Petersen gesê het hy (Taliep) móét nog dieselfde aand geskiet word. Terwyl Hassen deur die huis beweeg het, het die vrou “lastig” begin raak en daarop aangedring hy moet dit nou doen. Petersen het glo hierna voor Taliep gepleit: “Mag die Almagtige Allah sy graf wyd maak en hom hemel toe stuur.” Hassen en Snyders het ook trane uit hul oë gevee durende die sitting. In dié verklaring sê Hassen hy het dié “verskriklike daad” gepleeg uit emosie en geldgierigheid. “Dit was toe aan die einde van die dag nie werd gewees om enigiets te koop van die geld (R18 000) nie.” Die opdrag van mnr. Fahiem Hendricks (wat Petersen glo gevra het om die moord te reël) was dat hy (Hendricks) ’n vriendin in krisis gehad het wat onder die mishandeling van haar man gely het. Volgens Hassen was hy met die aankoms by die Petersen-woning vir ’n minuut steeds huiwerig omdat hy die moontlikhede deurgedink het. Hy was “bang vir (Taliep) omdat sy geloof soveel sterker as myne was”. “Hy was nie die man van daardie kaliber soos Fahiem hom uitgemaak het nie. “Ek het vir Najwa gesê sy moet dit self doen. Ek het ’n kussing om die vuurwapen gedraai. Ek het na my regterkant gekyk na waar (Snyders) was en in ’n breukdeel van ’n sekonde het ek haar hand tussen myne gevoel. “Een enkele skoot het deur my ore gedreun, en sy het geskree.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|