Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Lied oor panga-aanval sweep op, sê kommissie
’n Hip-hop-liedjie waarin die kunstenaar Zubz (Ndabaningi Mabuye) dreig om wit mense met ’n panga aan te val, is “opswepery tot naderende geweld”, het die Uitsaaiklagtekommissie van Suid Afrika (UKKSA) bevind. Dít ná die VF+ geappelleer het die kommissie se vroeëre bevinding dat die lirieke en beelde op die video “ontstellend” is, maar nie as haat?spraak beskou kan word nie. Die VF+ se oorspronklike klagte van haatspraak is by die kommissie ingedien nadat die video op 12 Januarie net ná middernag op SABC1 uitgesaai is. Die lirieke van die liedjie, “Get out”, lui gedeeltelik: “Tell the oppressor to get out/And tell my people to fight . . . Understand I’m gonna get this panga to your neck/Take what is mine today and I’ll rob you tomorrow/Take my time it’s payback/Tell my people to fight . . . Give him the warning and grab the gun . . . It’s not all white people that’s racist/and not all white people perpetuate the imbalance/so not all white people need to be addressed”. In sy uitspraak, wat gesteun is deur die ander lede van die UKKSA-beslissingsraad, sê prof. Kobus van Rooyen: “Die algemene effek is een van ’n oproep tot aksie: dit is nie net ‘get out or we will kill’ nie, maar ‘tell my people to fight’, met die klank van masjiengewere op die agtergrond.” Die kommissie het bevind dat die SABC1 se uitsending van die liedjie ’n oortreding van die Uitsaaikode is, maar geen straf opgelê nie. Mnr. Willie Spies van die VF+ het gesê dié beslissing is ’n “oorwinning vir versoening” in die land. Mnr. Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het gisteraand gesê die SAUK sal dit nie weer uitsaai nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|